Bitcoin val tot laagste vlak in 6 maande
Dit is die eerste keer sedert Mei vanjaar dat bitcoin onder die belangrike kerf van US$7 000 verhandel.
Bloomberg
Bitcoin het die naweek met 10% tot die laagste vlak in ses maande geval soos kommer oor nuwe regulasies in China toeneem.
Die digitale geldeenheid, die wêreld se grootste volgens markwaarde, se waarde het vanaf Vrydag tot Maandag met minstens 9,8% geval tot net meer as US$6 700 per bitcoin.

Bitcoin is ook op koers om vir agt agtereenvolgende dae te daal, 'n verskynsel wat laas in 2014 gesien is.
“Beleggers sal beter vaar in tradisionele markte sonder die aggressiewe wisselvalligheid van ondeursigtige markte,” sê Jeffrey Haller, senior markstrateeg vir Asia Pacific.
“'n Volgehoue styging in die bitcoin-prys sal net kan gebeur as onderhandelinge in finansiële markte daaroor voltooi word. Finansiële owerhede oor die wêreld heen is steeds skepties oor digitale geldeenhede.”
Die People's Bank of China het Vrydag 'n versoek aan ondernemings wat in bitcoin handel dryf, gestuur en gevra dat enige onbehoorlike transaksies reggestel word. Die bank het beleggers ook gewaarsku om katvoet te wees vir kriptogeld.
'n Waghondorganisasie in Shanghai het vroeër vandeesmaand 'n soortgelyke versoek aan ondernemings daar uitgereik wat met digitale geld sake doen.
Daar is ook verskeie ander moontlike redes vir waarom die bitcoin-prys aanhou daal.
Handelaars noem lae handelsvolumes in bitcoin en goeie opbrengste wat tradisionele markte lewer.
Kleiner rolspelers word ook afgeskrik deur die dalende prys, wat 'n verdere afverkoop veroorsaak. Sodra meer mense van hul digitale geld ontslae wil raak, daal die prys daarvan.
Nietemin is die prys van een bitcoin steeds heelwat hoër as 'n jaar gelede toe dit so laag soos US$3 674 gedaal het.
Tussen April en Junie vanjaar het dit in 'n stadium tot meer as US$13 000 gestyg voordat dit weer begin daal het.
In randwaarde het een bitcoin Maandagoggend sowat R105 499 op die plaaslike verhandelingsplatform Luno gekos.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie