Bitter pil vir staat
Bitter pil vir staat

Bitter pil vir staat

Hof sê lisensiëringstelsel moet hersien word.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Die hoërhof het ten gunste van die Mediese Vereniging van Namibië (MAN) beslis dat sekere bepalings van die Medisyne en Verwante Middele Beheerwet (MRSCA) 13 van 2003 nietig en ongrondwetlik is.

Dié uitspraak volg na 'n uitgerekte hofstryd rondom dokters, wat volgens die Medisynebeheerraad (NMRC) verplig is om lisensies te hê om medisyne te kan dispenseer.

'n Volbank van regters, wat Petrus Damaseb, Sylvestor Mainga en Kate O'Regan insluit, het bepaal dat die respondente in die saak die hooggeregshof- en die hoërhof-regskostes moet betaal.

Die respondente is die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, die registrateur van medi­syne, sowel as die Medisynebeheerraad.

Tog het die hof MAN se voorstel verwerp dat dokters 'n grondwetlike reg het om sonder 'n lisensie medi­syne te dispenseer.

Daarmee saam is daar 'n wettige regeringsdoelwit in die regulering van die dispensering en verkoop van medisyne, omdat daar 'n behoefte is om onredelike en skadelike dispenseringspraktyke te beheer.

Dit geld veral gevalle waar diensverskaffers medisyne ­herhaaldelik dispenseer om winste tot die poten­siële nadeel van die publiek te verhoog.

Die uitspraak het onder meer verwys na vigspasiënte wat verkies om hul medikasie direk by hul dokter te kry.

“Dis onredelik om voor te stel dat die verkoop van medisyne nie deel van die professie van die mediese praktisyn is nie,” lui die uitspraak.

Volgens die regters het dokters met betrekking tot die dispensering van medisyne binne die wet gebly.

Hulle was dit eens dat die MRSCA nie riglyne, beginsels en norme aan die raad verskaf om lisensies toe te ken of te weier nie.

“Die afwesigheid van duidelike kriteria stel die lisensiëringstelsel aan potensiële misbruik bloot,” word in die uitspraak gesê.

“Dit wil voorkom of die stelsel op sy beste ondeursigtig en op sy slegste arbitrêr is.”

Die hof het in dié verband verwys na 'n vertraging van vier jaar in die uitreiking van 'n lisensie, navrae oor aansoeke wat onbeantwoord bly en 'n aansoeker wat moet regverdig waarom 'n lisensie wél toegestaan moet word.

“Dit wil voorkom of die stelsel meer daaroor gaan om struikelblokke in mediese praktisyns se pad te plaas, as wat dit gaan oor groter toegang en beskikbaarheid van medisyne aan die behoeftige publiek.”

Die volbank was dit eens dat dit 'n wettige regeringsdoel is om die dispensering van medisyne te reguleer.

Hoewel die dokters nie daarin kon slaag om uitspraak te kry dat hulle daarop geregtig is om medisyne sonder 'n lisensie te dispenseer nie, sê die volbank hulle kon wel daarin slaag om die huidige lisensiëringstelsel te laat hersien.

Kommentaar

Republikein 2024-11-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 23° | 39° Eenhana: 24° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 25° | 37° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 19° | 32° Henties Bay: 14° | 18° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 17° | 30° Mariental: 13° | 29° Keetmanshoop: 9° | 28° Aranos: 16° | 30° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 10° | 27° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 37° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 35° Maseru: 13° | 26° Antananarivo: 16° | 29° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 21° | 41° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 15° | 19° Durban: 16° | 22° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 19° | 29° Harare: 17° | 25° #REF! #REF!