Bittereinders vir deursettingsvermoë vereer
Ses-en-twintig atlete, drie gidse en nege afrigters is Saterdagaand in Windhoek vir hul harde werk en prestasies gedurende die 2018-seisoen deur die sportvereniging vir gestremdes in Namibië (DSN) by 'n spoggeleentheid vereer.
Me. Emma Kantema-Gaomas, permanete sekretaris in die ministerie van sport, jeug en nasionale diens, het in haar toespraak gesê gestremdes in ontwikkelende lande soos Namibië word deur tekortkominge gekortwiek om aan sport en ander fisiese aktiwiteite deel te neem. Sy het bygesê die Namibiese regering is daartoe verbind om meer gestremdes se deelname aan sport te verseker.
“Ons is trots om te weet die toelaag werp vrugte af wat elke jaar deur die regering aan DSN gegee word en dit lewer resultate soos Namibië die afgelope ruk op die internasionale verhoog presteer,” het sy gesê.Sy sê die gestremde atlete se opoffering, toewyding en uithouvermoë teen alle verwagting in, moet in ag geneem word en dat dié sportgroepe se administrateurs, afrigters, families en selfs onderwysers se bydraes ook erken moet word.
“Vanaand vereer ons nie net vir julle met toekennings nie, maar ons wil ook elkeen van julle uit ons harte bedank vir jul keuse om aan enige sportkode deel te neem en die geleentheid aan te gryp om 'n sukses daarvan te maak. Julle sit baie ure se harde werk en opoffering daarin en raak boonop gewoond aan 'n gesonde leefstyl wat met sport gepaard gaan.
“Met sport ontwikkel selfvertroue om deel te neem en die wil om te wen,” het die permanente sekretaris gesê.
Die vroue-atlete wat toekennings ontvang het, was Beatha Hausiku, Maria Simon, Lehja Ishitile, Sylvia Shivolo, Christa Kapesi, Johanna Benson, Olivia Hendjala, Lavinia Matheus, Penehafo Shefeni, Murauri Nangero, Laimi Uutoni en Magdelena Immanuel.
Die mansatlete is Ananias Shikongo, Johannes Nambala, Mateus Angula, Dian Jansen, Bradley Murere, Alfredo Bernardo, Roodly Gowaseb, Abisalom Hailaula, Andreas Amakali, Vaiko Sheefeni, Likuwa Jonas, Fillemon Shinyengu, Michael Geelbooi en Thomas Nambala.
Gidse: Even Tjiviju, David Ndeilenge en Sydney Kamuaruuma.
Afrigters: Wendelinus Sissingi, Emilia Schade, Henk Botha, Barbara Fernandez Veitia, Sonia Lindemeier, Lina Mweyakutala, Bernard Nakathingo, Matias Mandume en Erasmus Ahindodi. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie