Blaas die fluitjies - uit volle bors
PEET VENTER (SNR) SKRYF:
‘n Fluitjieblaser het niks te doen met die Blou Bulle en Wiepie nie.
Hulle is nie verraaiers of kwaadstekers nie. Almal wat glo in reg en geregtigheid van Bo, behoort dan ook die Goddelike gawe van onderskeiding te besit.
Alledaagshede soos valsheid, korrupsie, leuenagtigheid en vele meer, word nie deur fluitjieblasers, of dan hokaairoepers, as jy wil, verdra nie. Hul eie motiewe in hierdie opsig moet natuurlik onberispelik wees – politieke oorwegings en eie gewin dien eenvoudig geen doel nie.
Lojale landsburgers kan hierdie "aan-die-kaak-stel-taak" suksesvol aanpak en deurvoer. Verspreide waarnemings van die ooste tot die weste en van die noorde tot die suide moet nie net gesien en bloot geïgnoreer word nie.
God’s water oor God’s akker is onproduktief en onpatrioties.
Misdaad op regeringsgebied vier veral die afgelope vyf jaar hoogty. Oor die koppe van te veel ministers, direkteure, bestuurders, ens., hang tans ongemaklike en onwelriekende vrae.
Danksy die hulp en leiding van die media behoort fluitjieblasers se waardevolle gegalm en geskril gehoor te word, sonder om hul persoonlik in die proses bloot te stel. Kontaknommers behoort oral geadverteer te word, sodat fluitjieblasers ongehinderd alle staatlike onreëlmatighede kan aanmeld.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie