Blaaskans vir Trump
Blaaskans vir Trump

Blaaskans vir Trump

'n Besoek aan Frankryk bied vir pres. Donald Trump, wat onder politieke skandale tuis gebuk gaan, tydelike uitkoms.
NAMPA
Pres. Donald Trump van Amerika, in die spervuur tuis oor Russiese verbintenisse en in die buiteland oor klimaatverandering en handel, het gister in die Franse hoofstad, Parys, aangekom. Trump sal hoop om onderwerpe van gemeenskaplike belang te vind wanneer hy die Franse president, Emmanuel Macron, ontmoet.

Ná 'n moeilike begin tussen die twee leiers, het albei 'n aansporing om betrekkinge tussen hul lande te verbeter. Macron wil Frankryk se posisie op die globale verhoog verbeter en Trump, wat oënskynlik onder wêreldleiers geïsoleer is, het 'n vriend in die buiteland nodig.

Trump se besoek aan Frankryk kom terwyl hy onder skoot is vir beweerde Russiese inmenging by 2016 se Amerikaanse presidentsverkiesing. E-posse wat Dinsdag aan die lig gekom het, wys dat sy oudste seun Russiese hulp teen sy pa se Demokratiese opponent, Hillary Clinton, verwelkom het.

Weke nadat Macron Rusland se pres. Wladimir Poetin in die Paleis van Versailles verwelkom het, sal Trump vandag deel in die viering van Bastille­dag se militêre parade, om Amerika se toetrede tot die Eerste Wêreldoorlog 100 jaar gelede te herdenk.

Samesprekinge sal op gedeelde diplomatieke en militêre sake fokus, maar 'n woordvoerder van die Elysee sê Macron sal nie skroom om taaier onderwerpe ook aan te roer nie.

Trump het min vriende in Europa oor nadat hy die Parys-ooreenkoms oor klimaatverandering verwerp het en met sy “Amerika Eerste”-beleid oor handel volhou.

Macron se amptenare sê hy wil nie hê Trump moet voel of hy in 'n hoek gedryf is nie.

– Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!