Blaasorkes kry nuwe instrumente
Die Methodist Episcopal Church-blaasorkes het onlangs instrumente ter waarde van N$119 124 ontvang. Op die foto is me. Ellen Gölz, saakgelastigde van die Duitse ambassade in Windhoek, mnr. Daniel Stoevesandt, hoof van die Goethe-instituut in Namibië, orkeslede en hul dirigent, Kaptein Hendrik Ismael Witbooi, tydens die oorhandiging. Die skenking bestaan uit tien staanders, drie kornette, drie trompette en drie trombone. Die Goethe-instituut het die skenking gefinansier binne die raamwerk van hul steun aan musiekgroepe in verskillende lande. Foto Duitse Ambassade
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie