Black bring wye ervaring na streeksraad
Black bring wye ervaring na streeksraad

Black bring wye ervaring na streeksraad

Sy passie is die bekamping van misdaad en korrupsie, asook die bevordering van ontwikkeling en goeie bestuur.
Augetto Graig
Augetto Graig



Mnr. Brian Black is die nuwe streekraadslid wat die Windhoek-Oos stedelike kiesafdeling in Khomas verteenwoordig. Hy het laas week dié setel met 3 715 stemme uit die totaal van 8 606 gewen.

“Namibië is in ernstige nood vir goeie leier­skap en ek glo die Independent Patriots for Change (IPC) is vasbeslote om daardie nodige verandering teweeg te bring,” sê hy. Die IPC is in Augustus 2020 amptelik gestig.

Die 66-jarige Namibiese entrepreneur is daartoe verbind om nou sy leeftyd van prestasie in te span “om te verhoed dat Namibië 'n mislukte staat word,” sê hy.

Die boorling van Gobabis, met vyf kinders en sewe kleinkinders, bly getrou aan sy vrou Hermine. Hy bly oortuig van sy slagspreuk, “die toekoms van ons kinders word nie soseer deur bose dade vernietig nie, maar eerder deur diegene wat te midde van boosheid niks doen nie”.

“My blootstelling het my oor die jare ver en wyd geneem; ek weet hoe die wêreld werk,” sê hy. Black is 'n lid van die Instituut van Direkteure in Suider-Afrika (IODSA) en is trots daarop dat hy van die Internasionale Rotariërs die Paul Harris Fellowship Award For Service Above Self ontvang het.

“Een van die onlangse projekte wat ek tot uitvoering gebring het, is die vestiging van die Kappsfarm Nampol polisiekantoor langs die B6, wat gedeeltelik deur Kappsfarm gemeenskaplede gefinansier is,” sê hy.

Black is 'n stigterslid van die Namibië Toerismeraad (NTB) en Namibia Wildlife Resorts (NWR), die regering se netwerk van vakansieoorde.

“Ek is 'n vorige uitvoerende lid van die Suider-Afrika Gasvryheidvereniging (SAHA), vorige voorsitter van die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN) en voorheen 'n uitvoerende lid van die Namibiese Toerismevereniging (Fenata) sê hy. “Ek is nou 'n afgetrede nie-uitvoerende direkteur van Capricorn Investment Group en van Bank Windhoek waar ek sedert 2007 en 2006 uitsluitlik raadslid was, om my tyd vry te maak om te verseker Namibië word nie 'n mislukte staat nie,” sê hy.

“Ek bly die nie-uitvoerende voorsitter van Salt & Chemicals, Ekango Salt Refiners en die Namibiese Vervaardigersvereniging (NMA),” sê hy.

“My passie teen misdaad en korrupsie het my gedryf om 'n aanlynpetisie te skep en meer as 20 000 Namibiërs het hul stand teen hierdie euwels onderteken. Dié petisie het ek op 31 Oktober 2019 aan president Hage Geingob oorhandig en daarmee vir Namibiërs makliker gemaak om oor korrupsie te praat. Dertien dae later het Al Jazeera sy dokumentêre onthulling van die Fishrot-skandaal die wêreld ingestuur.”

Black sê sy fokus sal bly om te luister na inwoners se kwale, teen korrupsie te veg, vir ontwikkeling te pleit en om groter bekwaamheid, doeltreffendheid en produktiwiteit in dienslewering te verseker. “Ek wil 'n sin van insluiting en 'ek behoort' by Namibiërs op alle sosioëkonomiese vlakke verseker, ongeag hul ras of etnisiteit,” sê Black van sy komende termyn as streekraadslid.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!