u2018Black taxu2019: Su00f3 het ANC-man uitgestyg
u2018Black taxu2019: Su00f3 het ANC-man uitgestyg

‘Black tax’: Só het ANC-man uitgestyg

Hendrik Hancke - Die seun van twee plaaswerkers in Mpumalanga het ná jare se bloedsweet in April sy tweede meestersgraad ontvang.

Ronald Lamola (34) was adjunkpresident van die ANC-jeugliga toe Julius Malema nog president was, ’n voormalige woordvoerder van adj.pres. David Mabuza toe dié nog premier van Mpumalanga was, en is vandag ’n lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee.

Hy het verlede week die nuus gehaal toe hy op ’n grondberaad by Unisa deur lede van die EFF en Black First Land First (BLF) verbied is om sy toespraak oor grondhervorming te voltooi.

Rapport het Lamola in Midrand ontmoet, waar hy vertel het hy sou nêrens gekom het as dit nie was vir die sogenaamde “black tax” nie – naamlik werkende swart mense wat die verantwoordelikheid op hulle neem om soms vir ’n groot aantal werklose familielede te sorg. In sy geval het sy suster, Con­stance Khoza (49), hom indertyd gehelp om universiteit toe te kon gaan.

“Ek het op die plaas Teenbosch by Komatipoort grootgeword. My ouers het nie geld gehad nie, maar daardie jare van onskuld was tog heerlik, miskien net omdat ek nie van beter geweet het nie,” sê Lamola. Sy ouers, Philemon (76) en Ernie (62), woon steeds in Mpumalanga.

“My suster het destyds vir die regering in Mpumalanga gewerk en het uit haar salaris betaal vir my om my LLB aan die Universiteit van Venda te behaal.”

Nadat hy graad gevang het, het Constance hom gehelp om vir NSFAS-beurse aansoek te doen.

Sy eerste meestersgraad, ’n LLM in korporatiewe reg, het hy in 2014 aan die Universiteit van Pretoria behaal, maar dit was nie genoeg nie. In April het hy nogmaals ’n M-graad gekry, weer by Tukkies en ook in die regte. Sy fokus was op die ekstraktiewe bedrywe soos olie, gas en mynbou.

“Ek het my politieke bewussyn as plaaskind ontwikkel terwyl ek in Mpumalanga se stofstraatjies gespeel het. Ons mag in die laat 80’s nie met die wit kinders op die omliggende plase gespeel het nie. Net by sportbyeenkomste kon ons meng. En dit het my gepla.”

Vandag sukkel plattelandse kinders steeds. “Ek wens ek kon vir elkeen van hulle sê énigiets is doenbaar. Jy kan uit ’n moeilike agtergrond en nederige omstandighede uitstyg en iemand word.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!