BlackBerry doen als om te oorleef
BlackBerry het nog 'n tree gegee om geld te maak uit sy tegnologie vir slimfone – maar sonder om self die fone te vervaardig.
Die maatskappy het sy gespesialiseerde weergawe van Android-programmatuur aan die Chinese vervaardiger Yangzhou New Telecom Science & Technology, bekend as NTD, gelisensieer.
Vier telekommunikasiemaatskappye van Asië, Afrika en Latyns-Amerika, waarvan BlackBerry nie die name bekend wou maak nie, het reeds ooreenkomste gesluit om NTD-slimfone met die BlackBerry-programmatuur te koop.
BlackBerry het in 2016 opgehou om sy eie fone te maak en het toe begin om sy tegnologie en handelsnaam aan ander maatskappye te lisensieer.
Tot dusver het die ooreenkomste net BlackBerry se patente vir apparatuur (hardeware) ingesluit, waarvan sommige terugstrek na die begin van die slimfoonera.
Hierdie ooreenkoms wys daar is 'n vraag na die maatskappy se weergawe van Android op sy eie, sê Alex Thurber, hoof van mobiliteitoplossings van BlackBerry.
“Totdat jy 'n ooreenkoms met ink op papier het, is dit net dit, praatjies,” sê Thurber. “Ek is opgewonde dat ons nou vennote het wat hiertoe verbind is.”
Lisensiëring is 'n belangrike deel van John Chen, uitvoerende hoof, se plan om soveel moontlik inkomste te verdien uit BlackBerry se vele patente vir apparatuur en programmatuur.
Beleggers sal egter moet wag en sien of die strategie BlackBerry weer op 'n volhoubare manier winsgewend kan maak.– Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie