Blikbrein maak nou whisky – met eisj, ja!
Petrus Malherbe – Fynproewers van whiskies van oor die wêreld kan hulle nou verlustig aan ’n gans nuwe variant: ’n whisky wat ’n gemaak is danksy die blikbrein van ’n rekenaar.
Mackmyra, ’n Sweedse distilleerdery, het onlangs kragte saamgesnoer met die Finse tegnologiemaatskappy Fourkind en Microsoft om ’n rekenaar die fynere kuns van whisky-maak te leer.
Normaalweg word die perfekte whisky geskep deur die kleurlose vloeistof etlike jare, of selfs dekades lank, in houtvate te stoor. Dit gee aan whisky sy diep, houterige kleur.
Daarna word spesifieke variante geskep deur verskillende hoeveelhede whisky uit verskillende vate saam te voeg.
Hierdie proses is tot dusver deur ’n meester-whiskymaker gehanteer. Mackmyra glo egter ’n rekenaar sal dit nóg beter kan vermag.
“Ons smag altyd daarna om tradisie uit te daag, veral in ’n baie tradisionele bedryf soos die maak van whisky,” sê Angela D’Orazio, ’n whiskymaker by Mackmyra.
“Nou kan ons dit doen met die hulp van kunsmatige intelligensie.”
Die distilleerdery voer tans ’n rekenaar met data wat insluit watter variante van sy bestaande reeks whiskies die gewildste was, en hoe daardie whiskies gemaak is.
Danksy hierdie data kan die blikbrein met meer as 70 miljoen resepte vorendag kom en boonop voorspel watter daarvan waarskynlik gewild gaan wees.
D’Orazio kan dan bloot die rekenaar se voorstel vir ’n nuwe resep volg.
Mackmyra is gou om daarop te wys dat hy geensins beplan om mense soos D’Orazio heeltemal met ’n rekenaar te vervang nie.
“Hoewel die resep deur ’n rekenaar geskep is, trek ons steeds voordeel uit mense se ervaring en kennis, veral die menslike reuksintuig.
“Dit kan deur geen rekenaar vervang word nie,” sê sy.
Mackmyra se eerste rekenaarwhisky sal omstreeks September beskikbaar wees. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie