Blind, doof en stom oor wat saak maak
MIA NOLTE SKRYF:
Ek slaan my oë op, nie na die berge nie, want die Suide van Namibië het nie juis berge nie, en beslis ook nie na die hoë koppe nie, want dié laat veel te wense oor. Maar, ek vra beslis: Waar sal Namibiërs se hulp vandaan kom?
Die inperking is onder nuwe maatreëls verleng, want ons maak soos die Romeine, al is ons nie in Rome nie.
Vra jy egter jou plaaslike polisiebeampte, staatsamptenaar of wetstoepasser wat jou as burger van Namibië te doen staan, kom jy agter hul weet net so min soos ‘n kat van safraan, of dan die vlermuis van korona. Hierdie ervaring het ek eerstehands drie maal in ‘n ry opgedoen – of sal ons sê aangedoen, want wat ons land se bestuur Namibië aandoen, is kommerwekkend (koronawekkend).
Afgesien daarvan dat dit blyk asof maatreëls en alternatiewe regdeur hierdie onsekere tyd nie goed oorweeg is nie, lyk dit ook asof die president se werkers, die wat dan nou moet toesien dat hierdie reëls en regulasies nagekom word, nie seker is van wat aangaan nie. Ek daag u uit om ‘n steekproef te doen. Of liewer nie, want die skok kan dalk net u immuunstelsel verswak.
Tweedens ontaard hierdie te midde van alles in ‘n magspel. By padblokkades word mense links en regs verbied om deur te gaan terwyl ander motors wat baie meer as vier persone bevat, lag-lag (agter ‘n masker – sommige nie eens nie) deurgelaat word. As jy nie dadelik die hooghede ernstiger as die virus ag nie, word jy nie deurgelaat nie. Vergeet van die vraag hoekom daar in die eerste plek blokkades opgestel is.
Van grootskaalse Covid-19-toetse is daar nog nie sprake nie. Al wat getoets word, is jou geduld, wat my by my derde beswaar, of dan bekommernis bring.
‘n Mens sou hoop dat die pandemie almal sal wakker skud, maar moenie glo nie (fopnuus, sê ek jou). Wanneer die klok by ‘n padblokkade waar die nodige toetsing wel gedoen word, eenuur slaan, kan jy maar vergeet van aanbeweeg. Jy sit en wag tot die volgende persoon uiteindelik (‘n halfuur laat) vir hul skof as meter (van koors en die lengte van jou korte draad) opdaag.
So hoop ek toe ek sal danksy “saamstaan” (Ubuntu) op my my medeburgers se hul kan staatmaak. Maar o lugweë.
Dit is duidelik meer as die helfte van die bevolking besef nie om handskoene vir drie dae te dra, sonder om hul te reinig, gaan jou nie immuun teen Covid-19 maak nie.
Soos hul sê, in die land van die blindes is eenoog koning. En ook die dowe toepassers van koninklike opdragte.
Ons, die burgers, is die stommes wat maar moet swyg (agter die maskers).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie