Blinde kind bring nag in toilet deur
Ronelle Rademeyer - ‘n Blinde seun van 13 jaar het Dinsdagnag in die seunstoilette by die Skool vir Gesiggestremdes in Khomasdal deurgebring nadat die skoonmakers hom per ongeluk ná skool daar toegesluit het.
Intussen het Thomas Moses se bekommerde familie wyd en syd na hom gesoek toe die skool uitkom en hy nêrens gevind kon word nie.
Die soektog is ook na die sosiale media uitgebrei, met baie Windhoekers wat die plasing oor die vermiste seun gedeel het.
Sy ouer suster, wat nie haar naam genoem wil hê nie, sê die familie is baie verlig dat hy veilig gevind is.
“Dit gaan goed met Thomas,” was haar antwoord op die vraag of hy deur die gebeure getraumatiseer is.
Foto verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie