Blindemol vir groter empatie
Me. Alexia Manombe-Ncube, adjunkminister vir gestremde mense in die presidensie, het gister ter viering van Wêreldsigdag vir elke parlementariër oogklappe en 'n wandelstok gegee waarna hulle toe as "blindes" die Nasionale Vergadering betree het. Dit was in 'n poging om groter empatie en begrip vir die lot van gesiggestremde mense te kweek. Hier kom mnre. Pohamba Shifeta (voor), minister van die omgewing en toerisme, en Frans Kapofi, minister in die presidensie, die parlement "blind" binne. Foto Estelle de Bruyn
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie