Blink toekoms wink vir Mweya
Blink toekoms wink vir Mweya

Blink toekoms wink vir Mweya

'n Bekroonde Namibiese skeidsregter is die naweek in Suid-Afrika in die kryt.
Tielman van Lill
Tielman van Lill



Fillemon Mweya, Namibië se internasionale en ­bekroonde boksskeidsregter, gaan die naweek in die Oos-Kaap in Suid-Afrika tydens 'n geveg van die Wêreldboksraad (WBC) in aksie wees.

Mweya is vroeër vanjaar by die MTC Namibië Sporttoekennings op Ondangwa as die beste boksskeidsregter en beoordelaar in die land vir 2018-2019 vereer.

Hy sal Maandag in 'n WBC-silwersupervlieggewigtitel-geveg tussen Athenkosi Dumezweni, die WBC-kampioen van Suid-Afrika, en Fernado Martinez van Argentinië saam in die kryt wees. Martinez daag Dumezweni vir sy WBC-kroon by die ­International Convention-sentrum in Oos-Londen uit.

Mweya vertel meer van sy drome en planne vir die toekoms.

“Ek was onlangs in Mexiko by die WBC se wêreldkonferensie wat vanaf 21 tot 29 Oktober aangebied is. Ek het goed met die toetse gevaar en ek is deur die WBC aangestel om sy wêreldtitelgeveg in Cancun, Mexiko, te hanteer.

“Ek is geweldig trots, want ek het stilweg geskiedenis gemaak. Ek is die eerste Namibiese boksskeidsregter wat as beampte in 'n groot internasionale geveg in beheer was wat deur Oscar de la Hoya as promotor aangebied is.

“Ek is werklik trots op myself oor wat ek bereik het. Nou het ek weer eens 'n nuwe opdrag van die WBC ontvang om in Oos-Londen dié belangrike titelgeveg te beheer. En ek kan julle verseker daar is nog goeie dinge wat vir my in die toekoms wag.

“Wat ek bereik het, het ek vermag deur dissipline, toewyding en hard te werk. My volgende droom en mikpunt is om in die Verenigde Koninkryk as skeidsregter deur die toue te klim,” het Mweya trots van sy prestasies vertel.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!