Blitsbokke kry heldeontvangs
Sewesrugby
Francois de Wet - Die Wêreldreekstitel is nou wel gewen, maar Neil Powell, Blitsbok-afrigter, en sy bestuur het al reeds aan die beplanning vir die volgende seisoen begin dink.
Die Blitsbokke het gister op die Kaapstadse lughawe ’n heldeontvangs van ’n groot groep geesdriftige ondersteuners en oud-spanmaats gekry nadat hulle die Wêreldreekstitel vir die 2016-’17-seisoen beklink het.
Die Blitsbokke het vyf toernooie gewen en in agt uit tien Beker-eindstryde gespeel.
Ofskoon Powell baie tevrede met sy span se vertonings is, weet hy dat die 2017-’18-seisoen se uitmergelende skedule sy span se diepte tot die uiterste gaan beproef.
Die Blitsbokke moet ná volgende jaar se Hongkong-toernooi (6, 7 en 8 April) aan die Statebondspele aan die Australiese Goue Kus (14 en 15 April) deelneem. Twee weke daarna (28 en 29 April) moet die span in Singapoer weer hul deelname in die Wêreldreeks voortsit.
Wanneer die Wêreldreeks in Londen (2 en 3 Junie) tot ’n einde kom, moet die Blitsbokke met hul voorbereiding vir die Wêreldbekertoernooi (20, 21 en 22 Julie) in San Francisco begin.
Volgens Powell is ’n gereelde seisoen, waarin die Blitsbokke in tien Wêreldreekstoernooie speel, reeds ’n moeilike uitdaging. Dit is iets wat hy en sy span al verskeie kere gedurende seisoen bespreek het.
In die Wêreldreeks kry spanne ná twee toernooie gewoonlik minder as drie weke kans om te rus en om met beplanning vir die volgende siklus van twee toernooie te begin.
“Twee en half weke is net nie genoeg tyd vir spelers om van skete te herstel nie en dit lei gewoonlik tot erger beserings,” sê Powell.
“Die feit dat die Statebondspele (volgende jaar) tussen twee Wêreldreekstoernooie geskeduleer is, maak dit baie moeilik. Ons verstaan egter dat die Spele ’n multi-sportbyeenkoms is en organiseerders kan nie sommer net die datum rondskuif soos hulle wil nie.
“Dit (die skedule) is iets wat ons moet aanvaar en ons sal ’n plan moet beraam hoe om dit te benader – dalk sal ons twee spanne moet kies om daaraan deel te neem.”
Die oplossing vir die Blitsbokke lê straks daarin om akademiespelers meer speelkans in vriendskaplike toernooie te gee. Die Blitsbok-akademiespan het die afgelope seisoen nog net in een vriendskaplike toernooi, in Desember in Dubai, gespeel. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie