Blitstoetse vir reisigers word nou aanvaar
Negatiewe blitstoetse vir reisigers word nou by grense aanvaar, het die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, vanmiddag aangekondig.
“Negatiewe blitstoetse vir inkomende reisigers sal by grensposte van Namibië aanvaar word,” het Shangula bevestig.
“Gereelde reisigers wat binne drie dae ná hul vertrek uit Namibië weer terugkeer, word ook toegelaat om die land weer met ’n negatiewe PCR-toets of blitstoetsuitslag wat met hul vertrek gebruik is, binne te kom,” het hy gesê.
Volgens Shangula hoef terugkerende Namibiese burgers of diegene met permanente verblyfreg met ’n teenisolasie-sertifikaat van die land van hul vertrek, ook nie meer onder kwarantyn geplaas word nie, ondanks die status van hul uitslae.
“Nie-Namibiërs moet ’n negatiewe PCR- of blitstoets toon.”
Shangula sê Namibiërs wat oorsee studeer, hoef ook nie vir ’n Covid-19-toets te betaal as hulle die land binnekom of vertrek nie, maar bewys moet gelewer word dat hulle oorsee studeer.
Die nuwe Covid-19-regulasies geld tot 30 April.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie