Bloed bind ons saam
Bloed bind ons saam

Bloed bind ons saam

Tanja Bause
Tanja Bause - Namibiese skenkers het verlede jaar 31 000 keer bloed geskenk. Dié statistiek is gister tydens viering van Wêrelddag vir Bloed­skenkers in Windhoek bekend gemaak.
Vanjaar se slagspreuk is “Bloed bind ons almal”, met die Namibiese Bloedoortappingsdiens (NamBTS) en die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) wat onder dié vaandel ’n week­lange bewusmakingsveldtog van stapel gestuur het. Die veldtog loop Vrydag ten einde wanneer ’n bloed­skenkkliniek vanaf 09:00 tot 15:30 by die Wernhil-­inkoopsentrum in die hoofstad gehou word.
“Ons het nog steeds ’n tekort. Dit is ideaal om vyf tot ses dae se voorraad te hê, maar nou is daar net sowat drie dae se bloed in voorraad,” het me. Wendy Willemse van NamBTS gesê.
Mense wat skenkers wil word, moet ouer as 16 wees, meer as 50 kilogram weeg en gesond wees.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!