Bloed 'kritiek laag'
Bloed 'kritiek laag'

Bloed 'kritiek laag'

Henriette Lamprecht
Die Bloedoortappingsdiens van Namibië (NamBTS) het 'n dringende beroep op inwoners gedoen om hul deel te doen om kritieke lae bloedvoorraadvlakke aan te vul.

Volgens die NamBTS het die Covid-19-pandemie ook bloedskenkings op alle vlakke benadeel en het voorraad beduidend gedaal.

Die diens het tans net drie dae se voorraad oor die hele land. Die diens maan met Desember wat naderskuif en voorraadvlakke wat reeds laag is, is dit 'n kritieke tyd om genoeg voorraad bymekaar te maak om in die aanvraag te voorsien.

“Desember tot Januarie is altyd 'n moeilike tyd om bloed in te samel omdat skenkers besig is om voor te berei vir die vakansie en dalk al met vakansie

is.

“Vanjaar het nóg meer uitdagings gebring omdat daar 'n beduidende afname in die insameling van bloed is, selfs voor die vakansie. Bloedvoorraad is reeds voor dié belangrike tyd laag wanneer ons gewoonlik tekorte ervaar en traumavoorvalle oraloor die land styg,” sê me. Zita Tobin, woordvoerder van NamBTS.

“Weens die impak van Covid-19-pandemie het ons 'n beduidende afname in skenkings gehad. Opvoedkundige instellings speel 'n kritieke rol om te verseker ons het gesonde bloedvoorraadvlakke. Sedert Maart vanjaar is dié skenkings nie moont­lik nie,” sê Tobin.

NamBTS het ook geskeduleerde bloedskenkklinieke in verskeie dorpe tydens die feesseisoen waartydens Namibiërs kan bloed skenk en so kan help om lewens te red.

NamBTS beklemtoon die coronavirus (Covid-19) kan nie deur bloedoortappings oorgedra word nie, omdat respiratoriese virusse oor die algemeen nie deur 'n skenking of oortapping oorgedra kan word nie.

NamBTS het volgens riglyne van die ministerie van gesondheid en maat­skaplike dienste, sowel as die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO), die aard van sy werksaamhede aangepas om seker te maak dit is veilig om tans bloed te skenk.

Om bloed te kan skenk, moet 'n persoon tussen die ouderdom van 16 en 65 jaar oud wees, meer as 50 kg weeg, medies gesond wees en 'n veilige leefstyl handhaaf.

As jy 30 minute van jou tyd kan afstaan, kan gereelde en nuwe bloedskenkers by enige van die NamBTS-sentrums in Windhoek, op Swakopmund, Walvisbaai, Ondangwa en Oshakati bloed skenk.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!