Bloed pleit?
Bloed pleit?

Bloed pleit?

Mandy Rittmann
PEET VENTER (SNR) SKRYF:

Die Ghanese evangelis Dag Heward-Mills se inloer by Staatshuis was kortstondig.

Verder is hy nogal 'n rêrige dokter ook, maar het net vinger gewys na ooglopende onheilighede in Namibië en dit 'n juk van sonde genoem. Die woord “sonde” is hier ter plaatse goed bekend, maar net as 'n afgewaterde cliché vir al ons "churchians".

Ons nasionale Katryntjie sportkode van korrupsie was nie op sy swartlys nie. Al teenvoeter is mos donkerbrille, alhoewel duisternis reeds ons land in hierdie opsig begin inneem. Dit was makliker om alledaagse nasionale stokperdjies soos dwelmpies, dodelike messteek, verkragting, roof ens. saam in te ryg. En toe (opskrif) word die bloed gepleit . . . in Staatshuis. (Iets vreemds nogal.)

Maar hoeka gelede was oorsee byna dieselfde situasie. In 786-746 vC stuur God vir Jona, die profeet, met 'n dagvaarding na Nineve se staatshuis. Dit is by Mosul in Irak. Die bevolking het toe graag ook dieselfde tipe 2019-stokperdjies soos ons beoefen. En hulle het dit voluit geniet, donkerbrille en al, want dan is als reg.

Jona trek egter kleinkoppie, want Nineve se president en sy kaders laat hulle nie voorskryf nie – al is dit God wat praat. Jona hike toe liewer per skip en vis so vêr weg as wat hy kan, dagvaarding en al. Maar God, die Herder van toe en nou, slaat met 'n krom stok altyd 'n reguit hou.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!