Bloed vloei oor feestyd
Bloed vloei oor feestyd

Bloed vloei oor feestyd

Die polisie ondersoek gevalle van onnatuurlike sterftes lands­wyd.
Augetto Graig
Augetto Graig



In Okuryangava in Windhoek het die Kersnaweek met 'n bloedbad afgeskop.

Tussen 21:00 en 22:00 verlede Vrydag is die 32-jarige mnr. Jesaya Katana volgens die Namibiese polisie glo deur sy neef doodgesteek.

Dít na bewering in 'n bakleiery oor dobbelgeld. Die verdagte is agter tralies en die polisieondersoek duur voort.

Op Okahandja het die 39-jarige mnr. Johannes Hausiku ook Vrydag aan sy wonde beswyk. Hy is verskeie kere met 'n onbekende voorwerp gesteek.

Een verdagte is in hegtenis geneem, maar die polisie is op soek na nog twee verdagtes wat glo weggehardloop het. Hausiku se familie is van sy dood in kennis gestel.



verkrag en verwurg

Op Epako, in die Canaan C. Herero-blok, is 'n vrou na bewering om 07:45 Saterdag verkrag en verwurg. Sy het gesterf en kon nog nie geïdentifiseer word nie. Die polisieondersoek duur voort.

Vroeg Saterdagoggend is 'n 27-jarige man in verband met die moord op sy broer, die 25-jarige mnr. Molata Johannes, by Onaande op Outapi in hegtenis geneem. Die rede vir dié mesaanval is onbekend. Johannes se ma het sy liggaam in hul huis gevind. Die polisieondersoek duur voort.

Ook Saterdag het 'n 37-jarige man chaos by me. Christina Adams se huis veroorsaak. Dié voorval het tussen 05:00 en 06:00 by die Takarania-nedersetting naby Mariental plaasgevind.

Die verdagte het na bewering 'n whiskey-bottel gesteel, iemand met 'n leë bierbottel aangerand en toe vir Adams met 'n CZ 9 mm-pistool in die kop geskiet.

Sy het later in die hospitaal aan haar wonde beswyk. Die verdagte is in hegtenis geneem en daar is op die wapen beslag gelê. Die polisieondersoek duur voort.

Nóg 'n moord is Maandag om middernag by die Freedom Square-nedersetting op Epako gepleeg. Die 21-jarige mnr. Jeffrey Tsuob is na bewering deur 'n 19-jarige man in die rug gesteek. Tsuob het op pad hospitaal toe gesterf. Die 19-jarige man is in hegtenis geneem. Die ondersoek duur voort.

Die polisie ondersoek ook die dood van mnr. Simon David (74) wat om 01:00 Vrydag in sy slaapkamer by Onandjila gevind is. Die oorsaak van sy dood is onbekend en 'n nadoodse ondersoek sal gedoen word.



LIGGAME GEVIND

Sondag het die soektog na 'n man, wat sedert 27 November vermis is, by Korridor 13 tot 'n einde gekom.

Mnr. Seth Kukuri (47) se liggaam is sowat 10:30 in die veld naby die Otjozonguehe-pos in die Aminuis-distrik gevind. Die polisie ondersoek die saak.

Op Swakopmund ondersoek die polisie mnr. George Martin (66) se dood. Hy het Sondag om 10:00 die Rossmund-gholfklub besoek. Volgens die polisie se verslag het hy inmekaargesak en gesterf. Die polisieondersoek duur voort.

Op Kersdag is die liggaam van 'n 45-jarige Angolese burger in die bosse op Eemwandi in die Tsandi-kiesafdeling gevind.

Seuns van die dorpie was op soek na hul vee toe hulle dié ontdekking maak.

Die liggaam was reeds gedeeltelik ontbind.

'n Nadoodse ondersoek sal volg en die polisie moet die familie nog van die man se dood in kennis stel.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!