Bloedbad op NSX
Bloedbad op NSX

Bloedbad op NSX

Jo-Mare Duddy Booysen
Jo-Maré Duddy – Gister was die spreekwoordelike Swart Donderdag op die plaaslike indeks van die Namibiese aandelebeurs (NSX) met swaargewigte FirstRand Namibia, Capricorn Group en Namibia Breweries se aandeelpryse wat getuimel het.

Die totale markkapitalisasie van die plaaslike indeks het gevolglik binne ‘n enkele dag met bykans N$6,5 miljard geval.

FirstRand Namibia, met FNB Namibia as vlagskip, is die ergste gelooi. Dié groep se aandeelprys het met N$10,85 stuk of sowat 35% tot N$20,15 verminder.

NamBrew se sluitingsprys was N$8,60 of 24,9% laer op N$25,90 per aandeel.

Capricorn, met onder andere Bank Windhoek in sy stal, het op N$10,50 per aandeel geëindig – N$3,49 of 24,9% laer as Woensdag.

Mnr. Romé Mostert van Cirrus Securities het die slagting toegeskryf aan die onttrekking van internasionale fondse uit ontluikende markte. “Dit lei tot die verkoop van aandele in ontluikende markte, insluitend Namibië,” het Mostert gesê.

“Ons is van mening dat die beleggingsklimaat in Namibië swak is gegewe die voortslepende ekonomiese resessie en beleggersonvriendelike beleidsbesluite soos belasting en NEEEF, wat lei na lae vertroue en kapitaaluitvloei,” het hy gesê.

Die plaaslike indeks het gister op 408.02 punte gesluit, 19,85% laer as Woensdag.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!