Bloedmaan oor die Namib
Bloedmaan oor die Namib

Bloedmaan oor die Namib

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Namibiërs het Vrydagaand saam met miljoene ander aardlinge na die algehele maansverduistering en bloedmaan gekyk - 'n gebeurtenis wat hom eers weer in 2100 sal herhaal.

Baie Namibiërs het na die Namibwoestyn of plase uitgewyk om weg van enige ligbesoeding hierdie nagtelike skouspel te beleef waartydens Mars boonop as helder, rooi ster sowat 'n handbreedte weg van die maan te sien was.

Hennie Lacock van Swakopmund het hierdie besonderse foto saamgestel.

Só vertel hy:

"Ons ry gereeld met ons bergfietse in die Swakoprivier en maanlandskap rond en ek het ‘n baie spesifieke plek in die Swakoprivier, so 5 km vanaf die plotte, in gedagte gehad waar ek hierdie foto wou neem. Dit was my eerste probeerslag met so ‘n samestelling.

"Ek het begin foto's neem teen omstreeks 17:58, maar die eerste foto vir hierdie samestelling het ek om 19:15 geneem. Ons was ‘n paar vriende wat die maansverduistering saam gekyk het, en om seker te maak ek mis nie ‘n groot verandering tussen my foto's nie, het ek die alarm op my horlosie gestel om elke 7 minute af te gaan.

"Dan moes ek natuurlik die lens verstel, want die maan beweeg eintlik baie vining as jy deur ‘n 600 mm-lens kyk. Ek moes ook die kamera se stellings verander hoe donkerder die maan geword het.

"Elke foto is geneem met ‘n afstandbeheerknoppie om vibrasie te voorkom. Aan die einde het my kameralens amper 90 grade die lig in gekyk en dit was ongelooklik moelik om die skote te neem," vertel Hennie.

Die presiese tye van die foto's wat hy vir die samestelling gekies het, was die volgende:

· 19:15

· 19:26

· 20:05

· 20:16

· 20:23

· 20:54

· 21:40

· 22:02

· 22:08

· 22:29

· 22:47

· 24:35

Lacock sê die landskapsfoto het hy heel aan die einde geneem nadat die maansverduistering verby was en die landskap weer helder verlig was. Dit bestaan uit twee wyehoekfoto's wat hy saam gevoeg het om ‘n beter perspektief van die gebied te verky.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!