Bloedreserwes daal meer as 50%
Bloedreserwes daal meer as 50%

Bloedreserwes daal meer as 50%

Die Namibiese bloedoortappingsdiens benodig gemiddeld meer as 150 bloedskenkings per weeksdag om aan die vraag van hospitale en mediese sentrums oraloor die land te voldoen.
Elvira Hattingh
Die uitbreking van Covid-19 en die gevolglike inperking van die Khomas- en Erongostreek, het daartoe gelei dat talle opleidings-, ­korporatiewe en nywerheidsklinieke vir bloedskenking toegemaak is.

Dit het veroorsaak dat die land se bloedreserwes met meer as 50% gedaal het, het die Namibiese bloed­oortappingsdiens (NAMBTS) gister in 'n persverklaring gesê.

“NAMBTS benodig gemiddeld meer as 150 bloedskenkings per weeksdag om aan die vraag van hospitale en mediese sentrums oraloor die land te voldoen. Tydens die afgelope drie weke het ons minder as 100 skenkings per dag ontvang en staar ons 'n ernstige bloedtekort in die gesig,” het die NAMBTS gesê.

“Met die Paasnaweek wat voorlê, vra ons dat alle geskikte en gesonde skenkers vandeesweek bloed by ons onderskeie klinieke skenk om seker te maak dat lewens gered kan word in tye waar ongelukke meer dikwels voorkom.

“Bloedskenkers in die Khomas- en Erongostreek kan steeds ry om bloed by ons sentrums te gaan skenk omdat dit as noodsaaklike reis beskou word,” is gesê.

Die bloedoortappingsdiens sê ook dat Covid-19 nié deur bloedoortappings versprei kan word nie. “Dit is nie bekend dat respiratoriese virusse deur bloedskenkings of -oortappings versprei word nie.

“Ons volg die raad van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste asook die van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) om aan te pas hoe ons werk en seker te maak dat dit steeds veilig is om in die tye bloed te skenk.”

NAMBTS het die versekering gegee hul personeel ontsmet hul hande gereeld met seep en water en handreinigers voor en ná elke skenker waarmee hulle werk en bygevoeg handreinigers is ook geredelik vir bloedskenkers en personeellede beskikbaar.

Die NAMBTS sê mense wat bloed wil skenk, moet ouer as 16 jaar oud wees, meer as 50 kg weeg, 'n ­seksueel-veilige leefwyse hê en oor die algemeen goeie gesondheid geniet.

Die volgende sentrums is steeds oop:

• Die 35 Talstraatsentrum (Maandae tot Vrydae van 07:00 tot 16:00, gesluit op openbare vakansiedae)

• Die United House-sentrum (Maandae tot Vrydae van 08:30 tot 16:00, gesluit op openbare vakansiedae)

• Die Swakopmund-sentrum (Maandae tot Vrydae van 10:00 tot 16:00, gesluit op openbare vakansiedae)

• Die Oshakati-sentrum (Maandae tot Vrydae van 10:00 tot 16:00, gesluit op openbare vakansiedae)

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!