Bloedskenker ‘tree af’
Mnr. Barend du Plessis kon moontlik al 726 mense se lewens red.
Mnr. Barend du Plessis het onlangs as bloedskenker “afgetree” nadat hy in sy lewe ’n merkwaardige 242 keer bloed geskenk het.
Du Plessis, wat 74 jaar oud is, het op 'n jong ouderdom begin skenk en is sedertdien 'n gereelde bloedskenker.
"Ek is eintlik 'n bietjie hartseer omdat ek 250 keer wou skenk, maar weens my mediese toestand kan ek dit ongelukkig nie doen nie. Ek is regtig dankbaar om my deel voortdurend te kon doen om lewens deur die jare te red," het hy gesê.
Die ouderdomme waarop mense bloed kan skenk is tussen 16 en 65.
Kinders wat 16 en 17 is, benodig hul ouers of voogde se toestemming en senior burgers wat 65 jaar oud is, moet ’n dokter se toestemming hê om bloed te kan skenk.
Mnr. Titus Shivute, ’n NambTS-opleidingsbeampte, sê mense soos Du Plessis is skaars.
"Sy passie vir bloedskenk oor soveel jare is 'n uitstekende voorbeeld vir huidige bloedskenkers en dié wat kwalifiseer om bloed te skenk, maar dit nie doen nie," het hy gesê.
Indien in ag geneem word dat een skenking drie lewens kan red, kon Du Plessis al sowat 726 mense se lewens in sy lang bloedskenkloopbaan red.
"Jy weet nooit wanneer jy ook 'n bloedoortapping nodig het nie. Ek was self een keer in die hospitaal en moes vyf eenhede bloed kry. Die personeellede by NamBTS was nog altyd baie behulpsaam en vriendelik sedert ek begin skenk het. Ek wil ander graag aanmoedig om gereeld te skenk vir so lank as hulle kan," het hy gesê.
Lede van die publiek wat wil bloed skenk, moet ouer as 16 jaar oud wees, meer as 50 kg weeg, 'n veilige seksuele lewenstyl lei en goeie algemene gesondheid geniet.
Vir meer inligting, besoek die Blood Transfusion Service of Namibia se Facebook-blad of skakel 061 386 300.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie