Bloedskenkers bedank
Bloedskenkers bedank

Bloedskenkers bedank

Wêreldbloedskenkerdag word jaarliks op 14 Junie gevier om vrywillige bloed­skenkers wêreldwyd te bedank vir die lewens wat hulle red.

By vanjaar se viering verlede week by Nice-restaurant in die hoofstad het dr. Björn von Finkenstein, mediese direkteur van die Bloedoortappingsdiens van Namibië (NamBTS), gesê sedert die diens sy deure geopen het, is alle ­skenkers vrywilligers.

Hy het gesê as gereelde skenkers sowat vier keer per jaar bloed skenk, sal daar nie 'n tekort aan bloed in die land wees nie.

Mnr. Mike Bartmann, wat al sowat 131 keer bloed geskenk het, het by die geleentheid vertel hy het op skool reeds begin bloed skenk - meestal sodat hy kon stokkiesdraai.

“As ons in skooltyd bloed geskenk het, het ons klas gemis, want ons het lank in rye gestaan en wag om te skenk,” het hy gesê.

Bartmann het verder vertel op universiteit het die bier wat hy gratis ná 'n skenking gekry het, hom aangemoedig om bloed te skenk.

Hy het eers 'n gereelde skenker geword ná iemand na aan hom gesterf het, het hy gesê.

Mnr. Gerard Ellis, ook 'n gereelde skenker, het by die viering gesê dis 'n daad van liefde om iets sonder vergoeding aan ander te gee.

Ellis het tot dusver sowat 128 eenhede bloed geskenk en het die gemeenskap versoek om dit meer dikwels te doen.

Ouers en onderwysers moet kinders en leerlinge oor die belangrikheid van bloedskenk inlig, het hy gesê.

Me. Loinia Nampunda, wat ses jaar gelede met haar dogtertjie se geboorte 'n bloedoortapping moes ontvang, het gesê sy het ná die voorval besef hoe belangrik dit is om bloed te skenk.

“Dit kan iemand se lewe red,” het sy gesê.

NamBTS en die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) versoek Namibiërs om gereelde skenkers te word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!