Bloedvoorraad daal met 50%
Henriette Lamprecht – Die voorraad by die Bloedoortappingsdiens van Namibië (NAMBTS) het met 50% gedaal weens Covid-regulasies wat ingestel is om die verspreiding van die virus hok te slaan.
Dié ernstige tekort het 'n wesenlike invloed op veral kankerpasiënte wat beenmurgoorplantings gehad het en dringende plaatjie- en plasma-oorplantings moet kry.
Die Covid-regulasies het veral gereelde bloedskenkingsveldtogte van die NAMBTS ernstig geraak met skole, universiteite en ander opleidingsinstellings wat gesluit is en ook verskeie maatskappye wat skenkingsveldtogte by hul persele tydelik gestaak het.
Volgens die uitvoerende direkteur van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, was die gevolg 'n dramatiese verlaging van tot 50% in skenkings, sodat die diens nou noodgedwonge begin het om bloedeenhede te rantsoeneer en eenhede te verminder wat aan bloedbanke en hospitale oraloor die land gestuur word.
Nangombe het beklemtoon Covid-19 word nie tydens bloedskenking of aan die ontvangers van 'n bloedoortapping oorgedra nie.
“Respiratoriese infeksies word in die algemeen nie deur 'n skenking of oortapping oorgedra nie,” het Nangombe beklemtoon.
Volgens hom is die grootste uitdaging nou midde die Covid-19-pandemie om voldoende voorrade bloed vir pasiënte in nood te verseker.
“Die ministerie kan voornemende skenkers verseker dit is veilig om bloed te skenk en dat NAMBTS al die nodige veiligheidsmaatreëls handhaaf om te verseker skenkersklinieke is veilig genoeg om skenkers teen Covid-19 te beskerm,” het hy gesê.
Hy het ook 'n beroep op maatskappye gedoen om voort te gaan om skenkingsklinieke op hul perseel aan te bied om te verseker die land het genoeg bloed vir pasiënte in voorraad.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie