Bloedvoorraad 'kritiek laag'
Die Bloedoortappingsdiens van Namibië (NamBTS) het ’n dringende beroep op inwoners gedoen om hul deel te doen om kritieke lae bloedvoorraadvlakke te verbeter.
Volgens ’n verklaring deur NamBTS is die ekostelsel vir bloedskenk ook deur die Covid-19-pandemie geraak en het voorraad beduidend gedaal. Die diens het tans net drie dae se voorraad deur die hele land. Met Desember wat naderskuif en vlakke wat laag is, maan die diens dit is ’n kritieke tyd om genoeg voorraad bymekaar te maak om in die aanvraag te voorsien.
As jy gesond is en dertig minute van jou tyd kan afstaan, kan gereelde en nuwe bloedskenkers tussen die ouderdomme van 16 en 65 jaar by enige van die NamBTS-sentrums in Windhoek,
Swakopmund, Walvisbaai, Ondangwa en Oshakati. NamBTS het ook geskeduleerde bloedskenkklinieke in verskeie dorpe tydens die feesseisoen waartydens Namibiërs kan bloed skenk en so kan help om lewens te red.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie