Blomme op Valentynsdag
Blomme op Valentynsdag

Blomme op Valentynsdag

Dani Booysen
DIONÉ ADJANI IZAKS SKRYF:

Op 14 Februarie word Valentynsdag in verskeie lande herken en die dag tiekiedraai om die liefde: 'n emosie; n naakte, onverklaarbare gevoel; van energie wat tussen twee siele onstaan. Onbeskryflik.

Die dag word al etlike jare gevier, maar min weet eintlik dat die dag se ontstaan so te sê niks met die liefde te doen het nie.

As 'n mens gaan oplees oor die spesifieke dag van die liefde kom 'n mens gou agter dat daar egter meer as een teorie of leidraad is oor hoe die dag wel ontstaan het.

Een teorie beweer dat die dag na 'n heilige in die Rooms-Katolieke kerk vernoem is, maar nietemin is die dag vir baie van ons, veral vrouens, sinoniem met lang, ongekunstelde, bloedrooi rose.

Hartjie-vormige, gevulde sjokolade en romantiese Valentynsaand-afsprake is aan die orde van die dag en die meerderheid van die skoner geslag maak gewoonlik van die geleentheid gebruik om op te tooi in rooi.

Verwagtinge op Valentynsdag verskil van mens tot mens en die verskille is aansienlik duideliker as 'n mens na die verskillende generasies kyk.

Vir sommige gaan dit oor peperduur geskenke, blomme en materialistiese versoeke, waar ander weer klem lê op eenvoudige, opregte gebare soos om 'n warm koppie koffie of klein bederfie van 'n eggenoot te kan ontvang. Vergelyk dit met die jong, verliefde tiener wat dromerige, fantasievolle verwagtinge van Valentynsdag het.

Is die dag vir die wewenaars en weduwees dalk net soet herinneringe van wat was, of wat kon gewees het? Maar hoe dit ook al mag sy, weet dat die liefde altyd seevier.

Die liefde beskaam nie. Die liefde is hoopvol. Die liefde bedek alles.

Jou uitdaging Maandag is om iemand se dag op te beur in die naam van liefde, maak nie saak of dit 'n broer, ma, man, ouma, pa, suster, vriendin, vrou of 'n spesiale bewonderaar is nie. Kom ons bring op Valentynsdag die blomme vir diegene wat ons na aan die hart lê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!