Blossom verbrand haar mond
Blossom verbrand haar mond

Blossom verbrand haar mond

Lloyd Zandberg
Lloyd Zandberg

’n Gewilde Namibiese musikant se kritiek op die land se president het haar die gramskap van die Namibiese Jaarlikse Musiektoekennings (NAMAs) se uitvoerende komitee op die hals gehaal.

Die komitee het onlangs in ‘n verklaring aangekondig Blossom, ’n voormalige wenner van een van die toekennings, sal vir ‘n tydperk van 12 maande die NAMA-verhoog en alle NAMA-geleenthede verbied word.

Dít nadat sy negatiewe kommentaar oor pres. Hage Geingob op sosiale media gepubliseer het.

Die kommentaar het op 29 Oktober op Blossom se persoonlike Facebook-blad verskyn.

Blossom, wie se regte naam Ruudsa Munalye is, het in 2013 die NAMA-toekenning vir die beste vroulike kunstenaar gewen.

Die sanger bevind haarself in ‘n politieke storm nadat sy “Okwankara eeta ondjala” aanlyn geskryf het, wat vertaal kan word as “’n verkwister het honger veroorsaak”.

Die term “Okwankara” is omstrede en word deur Damara-, Nama- en San-mense as haatspraak beskou.

Hoewel Blossom nie die president se naam genoem het nie, is dit duidelik op hom gemik.

Indien die kunstenaar nie ‘n openbare verskoning vir haar gedrag aanbied nie, kan die verbod van 12 maande tot 24 maande verleng word.

Volgens me. Umbi Karuaihe-Upi, uitvoerende voorsitter van die NAMAs, is die toekennings ‘n platform wat Namibiese musikante verenig met musiek as universele taal. Sy het ook bygevoeg kunstenaars moet altyd daarna streef om rolmodelle te wees.

“’n Duidelike waarskuwing moet aan ander Namibiese kunstenaars gerig word dat, indien hulle met die NAMAs geassosieer wil word, hulle die verantwoordelikheid het om nie haatspraak, kulturele opninies en rassistiese kommentaar te lewer nie.”

Blossom wou nie kommentaar oor die voorval lewer nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!