Blues met oop oë
Albert Frost is 'n bekende en gerespekteerde musikant van Suid-Afrika en baie gewild in blues- en rockkringe.
Wat Albert al vir twee dekades regkry, is om te wissel tussen ritmiese kitaar en lead-kitaar - sonder om ’n oog te knip.
Sy eerste liefde is blues, wat voortspruit uit sy lang verhouding met The Blues Broers saam met wie hy sedert 1994 opgetree het.
Albert se pa, Frank, was ook deel van die groep.
Albert het al verskeie opnames saam met Arno Carstens, Koos Kombuis, Chris Chameleon, The Blues Broers en vele ander gedoen en tree gereeld saam met groot kunstenaars in Suid-Afrika op. Hy't die verhoog selfs al met internasionale kunstenaars soos Ali Farka Toure en Finley Quaye gedeel.
Hy't ook al saam met Simple Minds and Rem getoer en het al as ondersteuningskunstenaar vir die Rolling Stones opgetree.
In 2015 het Albert se indrukwekkende 21-jarige loopbaan saam met The Blues Broers tot 'n einde gekom.
Saam met dié manne het hy vyf albums opgeneem en landswyd getoer.
Tans sien hy uit na opwindende nuwe samewerkingsprojekte.
Aanhangers kan uitsien na ‘n toer waar Loki Rothman saam met hom gaan optree, asook optredes van Blood Brothers, 'n interessante projek wat uit van die beste Suid-Afrikaanse rocktalent bestaan.
Dit sluit in Arno Carstens, Francois van Coke , George van der Spuy (Taxi Violence) en Kobus de Kock Jnr (Black Cat Bones).
In April verlede jaar het Albert sy derde solo-album, The Wake Up, bekend gemaak. Albert sê die album is die "begin van 'n nuwe reis" vir hom.
In The Wake Up wyk Albert van sy blueswortels af en verken verskeie musikale weë en liriese inhoud om iets te skep wat aanhangers volgens hom aangenaam gaan verras.
Die album het die gesogte Best Rock Album-kategorie by vanjaar se Sama-toekennings ingepalm.
'n Baie suksesvolle Klein Karoo Nasionale Kunstefees vanjaar het ook gesorg vir twee Kanna-nominasies.
Een was vir sy show saam met Loki Rothman (The Acoustic Guitar) en die ander vir sy show met Zolani Mahola (Rok en Rol).
Sy vermoë om dit wat hy doen te geniet, is wat sy shows en musiek so uniek maak.
Albert is op pad Namibië toe vir drie shows:
31 Oktober, 20:00, by die Warehouse-teater in Windhoek. Kaartjies is N$140 aanlyn en N$170 by die deur.
1 November, 19:00, by die Central Hotel op Omaruru. Kaartjies is N$120 by die deur.
4 November, 20:00, by Desert Tavern op Swakopmund. Kaartjies is N$100 by die deur.
Wanneer en hoekom het jy musiek begin maak?
Op die ouderdom van 13 het ek met musiek begin en dit was hoofsaaklik om uit die skool se kadette te kom.
Watter instrumente kan jy speel?
Ek het reg in die begin van my musiekloopbaan die tromme gespeel en ‘n paar jaar later het ek ’n kitaar opgetel. Ek sal nou en dan ook ’n bietjie baskitaar speel.
Wat was die eerste liedjie wat jy leer speel het?
Die heel eerste liedjie wat ek kon speel, was “Wonderful Tonight”. Die inleiding van die liedjie is net classic. Kort daarna het ek in Stevie Ray Vaughan en Jimi Hendrix belang gestel. In alles tussenin ook.
Is jou familie musikaal?
Ek was deel van my pa se band, The Blues Broers, op die ouderdom van 13. So jy kan seker so sê, ja.
Watter bekende musikante bewonder jy?
My musieksmaak is baie divers, maar my hoofinvloede is Hendrix, Miles Davis, The Police, Red Hot Chili Peppers, Rachmaninov en Debussy. Al dié kunstenaars het eerlik in hul benadering tot musiek gebly en daarvoor bewonder ek elkeen van hulle.
En wat het jy by hulle geleer?
Ek neem ‘n stukkie hier en daar van elk van die musikante. Om ‘n goeie skrywer te wees, moet jy eers ‘n goeie boef wees.
Wie was jou eerste musiekonderwyser?
‘n Man met die naam van Duncan Coombe wat in Somerset-Wes in die Kaap woon. Hy het my die basiese drukke van die kitaar geleer en daarna het ek my eie pad gevind.
Beskryf jou eerste instrument.
My eerste kitaar was ‘n Aria Diamond, ‘n hewige kitaar wat my geleer het om beheer van ‘n instrument te neem. Ek moes hom letterlik werk. ‘n Vriend van my, Clayton Frick, het my eerste Fender aan my geleen. Ek het ook my eerste amp by hom gekoop. Daarna het ek ‘n 1965 Fender Bassman met ‘n toe 2x12 cab gehad. Sy was ‘n beast.
Wat is jou gunsteling- musiekherinnering?
Ek onthou toe ek omtrent 10 jaar oud was en my ouers ‘n partytjie in ons huis op Somerset-Wes gehou het. Daar was vyf of ses bands wat blues dwarsdeur die nag gespeel het. Tot by die punt waar die polisie uiteindelik voor die huis opgedaag het . . .
Het ou musiek jou beïnvloed?
My pa het ‘n fantastiese musiekversameling gehad. Led Zeppelin is sekerlik een my gunstelinge. Daar was ook verskeie ander musiek waaroor ek mal was. Stones, Beatles, Police en Carmina Burana. Dark Side of the Moon is een van my gunstelingalbums ooit. Oscar Peterson se werk is ook heelbo aan die lys.
Het jy al enige kompetisies gewen?
Ek het hierdie jaar die Sama vir die beste rock-album gewen en dit is seker een van die hoogtepunte in my loopbaan.
Hoe hanteer jy foute tydens ‘n optrede?
Ek verkies om te glo niks kan regtig verkeerd gaan nie. My lewe is die verhoog en dit gaan nie oor wat foutgaan nie, maar eerder oor hoe goed jy dit hanteer.
Raak jy nog angstig voor ‘n optrede?
Ja, nog elke liewe keer.
Watter raad het jy vir jong, opkomende musikante?
Kry jouself in jou happy place. En onthou, jy weet wat jy moet doen. Hou net by jou plan. Maak ook seker jy is altyd betyds en wees net vriendelik met almal.
Hoe gereeld oefen jy?
Ek speel elke dag ‘n klein bietjie, maar ek glo niks kan jou voorberei vir die verhoog soos die verhoog self nie.
Bied jy musieklesse aan?
Nee, hoewel ek nou en dan ‘n werkwinkel aanbied wat op klank, toerusting en optredes fokus.
Hoe balanseer jy jou musiek met ander verpligtinge?
Dit is ‘n balancing act wat ek eers onlangs begin verstaan en eintlik reggekry het. Ek kan wel sê dit is baie moeilik, maar met toewyding aan elke faset van jou lewe kan jy gelukkig bly. Die lewe is ingewikkeld, maar niks is onmoontlik nie. Niks.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie