Bly by – dis tyd vir 'jomo'
Dis seker die mees on-PC ding om in hierdie moderne wêreld te sê, maar ek doen dit in elk geval: Sit jou selfoon of tablet neer en beleef 'n bietjie die wêreld om jou.
Soos baie ander mense dink ek sosiale media is overrated. Vriende en familie sit langs mekaar, maar gesels nie.
Tog kommunikeer hulle dik stukke met die persoon aan die ander kant van die selfoonlyn.
Gelukkig is ek nie alleen in dié anti-handi-beweging nie.
Want nou is daar jomo – die teenoorgestelde van fomo.
Vir dié wat nie weet nie, fomo verwys na fear of missing out, terwyl jomo verwys na joy of missing out.
Een groot voorstander van jomo is Svend Brinkmann, 'n sielkundeprofessor aan die Aalborg-universiteit in Denemarke. Hy het The Joy of Missing Out geskryf.
Brinkmann meen daar is vreugde in goed misloop.
“Ons vrees vir iets misloop is gebaseer op soveel faktore wat deel is van 'n moderne samelewing. Sosiale media maak dat ons onsself met ander vergelyk en ons dink, sjoe, ek moet iemand anders word om die lewe ten volle te ervaar. Om nie eens te praat van die verbruikerskultuur van die bemarkingsbedryf nie, wat ons aanhoudend herinner aan hoe ons eenvoudig iets méér, iets beter moet hê,” sê hy.
Daarmee saam is die mensdom geneig om vir mekaar, en veral vir die jonger geslag, te sê hulle kan en moet alles moontlik doen.
“Dit mag goed klink, maar eintlik is daar juis vrede te vinde daarin om nié alles te doen nie,” sê hy.
Brinkmann meen dit verg nogal oefening om willens en wetens al die wêreld se moontlikhede mis te loop.
“Maar daar is ruimte vir plesier in dinge misloop,” sê hy.
Die idee van 'n matige lewe is nie nuut nie.
Eintlik het Aristoteles reeds gepraat van hoe om balans tussen twee uiterstes te vind – veral omdat die mens geneig is om aan die een kant té veel te doen, en aan die ander té min.
Uiteindelik gaan dit oor balans.
In 2015 het wetenskaplikes by die Happiness Research Institute in Kopenhagen bevindings vrygestel oor 'n studie van 1 095 Facebook-gebruikers, waarvan die helfte sewe dae lank 'n sosiale media-sabbatical gevat het.
Deelnemers hieraan het 'n beduidende hoër vlak van lewensbevrediging geniet. Nie net het hulle gelukkiger gevoel nie, hulle het ook gesê hulle voel meer entoesiasties oor die lewe.
En tog is sosiale media nie net sleg nie. Daarsonder sou dit byvoorbeeld moeiliker wees om ons regte te bepleit.
Onthou, sosiale media gee vir almal 'n stem (wat ook nie altyd 'n goeie ding is nie!). Dit het al sosiale verandering teweeg gebring – dink aan die Occupy Wall Street- of Arab Spring-beweging, en hoe Saoedi-Arabiese vroue steun gekry het vir die reg om te bestuur, om nie eens te praat van die #MeToo-veldtog nie.
Volgens 'n studie wat in 2014 gepubliseer is, was mense wat veral Facebook eerder as sosiale media in die algemeen gebruik meer tot depressie geneig.
En hoe meer tyd hulle daar deurgebring het, hoe meer depressief het hulle geraak. Die rede? Dit het gevoel of hulle hul tyd mors.
Die slotsom: Nie net kan 'n wêreld sonder sosiale media meer produktiwiteit meebring nie, dit kan ons ook gelukkiger maak.
So, dalk is jomo 'n beweging waarby ons gerus maar kan aansluit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie