Bly voor met bulkoop
Dr. Michael Bradfield, Hoof van Breedplan Suid-Afrika - Landbou-ekonome voorspel die getal kommersiële bees- en skaapboere sal aanhou afneem soos wat skaalvoordele doeltreffender vleis- en wolboere vereis.
Om te oorleef, sal boere hul vaardighede deurentyd moet versterk en seker maak hulle neem ingeligte besluite as hulle teeldiere aankoop. Die belangrikste besluit wat ’n bees- of skaapboer kan neem, is om ’n span bulle of ramme te koop. Tog word dit dikwels op die dag van die verkoping, of selfs wanneer die veiling al begin het, aan die toeval oorgelaat.
Kry die regte teler
Kies eerstens die regte teler wat jóú finansiële belange op die hart dra.
Bly dan op lang termyn by daardie teler of maatskappy. Moenie die seleksie van bulle of ramme op raaiskote grond nie, maar maak seker dat die produsent ’n besliste teeldoel vir sy eie en jou kommersiële onderneming het. Die maatskappy moet vir jou wys hoe jóú kudde winsgewender kan wees as jy sy bulle of ramme gebruik. Ná drie geslagte sal jou kudde die gene weerspieël van die kudde van die teler by wie jy koop. Hulle moet dus vir jou hul genetiese neigings vir vrugbaarheid, groei, karkasgewig, wol en veseldeursnee kan wys (geneties gesproke is dit geld in die bank).
Die regte teler sal ook vir jou nuwe bloedlyne aanbied om inteling te vermy en wat jou kudde geneties sal verbeter. Jy behoort nie bulle of ramme by hul dogters of selfs kleindogters te sit nie. Die teler of maatskappy waar jy koop, moet ook uitwerk wat jou vereistes vir ’n bul of ram is, soos ’n terminale vaar (waarvan alle nasate geslag word), ’n bul om by verse te gebruik (dus ’n bul wat gekies is om kalwers met ’n lae geboortegewig te produseer) of ’n bul wat melk of groei (of albei) in die dogters sal verhoog.
Die tweede stap is om seker te maak die teler se kudde is groot genoeg, behalwe as hy kunsmatige inseminasie toepas.
Hy moet minstens 100 vroulike diere hê. Die reaksie op seleksie berus op seleksiedruk en dit kan net in redelik groot kuddes bereik word, veral as jy vir ’n balans van vrugbaarheid, groei, karkas en strukturele eienskappe selekteer.
Verstaan teelwaardes
Die volgende stap is om ’n veilingskatalogus en die prestasiesyfers daarin te leer interpreteer.
Sommige telers maak beraamde teelwaardes (EBV’s) af, maar al die wêreldleiers in teelmateriaalproduksie gebruik dit. Dié telers kan maklik die genetiese verbetering in hul eie kuddes én dié van hul kliënte demonstreer. Elke universiteit en landboukollege is ten gunste van die gebruik van EBV’s. Veeteeltwetenskaplikes beskou dit as die beste skatting van ’n dier se genetiese waarde wat moderne tegnologie ons kan bied.
Vierdens moet jy jou risiko verskans.
Koop liewer ’n paar bulle teen ’n redelike prys as net een duur bul. Om ’n bul te koop, is baie soos om aandele te koop. Die risiko moet eerder oor ’n paar bulle of ramme versprei word as wat jy al jou eiers in een mandjie pak. Die beginsel van “Mendeliaanse segregasie”, ofte wel die lukrake aard van oorerwing wat in genetika gebeur, beteken dat ’n bul baie selde sal teel presies hoe ons van hom verwag op grond van sy voorkoms of EBV’s.
Maak seker die bulle en ramme wat jy koop, is funksioneel gesond.
Om die dier visueel te evalueer, begin onder, by sy pote en bene, kyk dan die geslagsdele en heel laaste kyk jy na die res van sy lyf. Laat die bul of ram rondloop. Hou die gemak waarmee hy beweeg dop. Maak seker daar is geen poot- of beenprobleme nie.
Suid-Afrika is in die algemeen ’n droë en ekstensiewe land. Manlike diere moet daarom dikwels ver stap om koeie of ooie te dek. ’n Dier se vermoë om behoorlik te loop, kan nie eers in die veilingring waargeneem word nie. Doen dit vooraf. Figuur 1 tot figuur 4 wys die ideale poot- en beenhouding. Maak seker die bul of ram het ’n behoorlike skrotum. Elke bul moet voor ’n verkoping vir semengehalte getoets word. Die skrotumgrootte hou verband met die vrugbaarheid in dogters sowel as die hoeveelheid semen.
’n Goeie bul se skede moenie los en onwenslik wees nie. Dit moet ook nie te styf wees nie. Jy soek ’n hoek van ongeveer 45 grade (Figuur 5).
Laastens moet die bul goeie bespiering en ’n goeie temperament hê. Bulle of ramme maak net 3% van die kudde of trop uit, maar is verantwoordelik vir 50% van die gene van die kalwers of lammers. ’n Bul behoort vir drie tot vier jaar gebruik te word en dan deur ’n jonger dier vervang te word. ’n Bul moet dieselfde as so vier tot vyf slagkoeie kos. Moenie te veel betaal nie, maar, onthou, ’n minderwaardige bul is die duurste produk wat jy kan koop.
As jy verseker wil wees jy kry waarde vir jou geld, kies ’n etiese produsent wat jou belange op lang termyn sal beskerm.
Kortom:
Kies ’n teler wat jou finansiële belange verstaan en bly op lang termyn by hom.
Leer om veilingskatalogusse en teelwaardes behoorlik te interpreteer.
Bepaal vooraf of ’n bul of ram met gemak kan loop.
Die poot- en beenstruktuur is uiters belangrik om te bepaal of die dier gemaklik kan stap. Die figure toon algemene foute, asook die korrekte struktuur waarvoor kopers moet uitkyk. Die linkerkantste skets is telkens die gewone struktuur in die figure hieronder.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie