Bly waaksaam
Namibiërs het ’n rowwe agt maande agter die rug en almal ly aan Covid-tamheid.
Dit is op een week na agt maande sedert die land se twee indeksgevalle, die Romeense egpaar, positief getoets en die staatsmasjinerie begin knars het vir die inwerkingstelling van inperkingsmaatreëls. Namibië se stappe teen verdere Covid-19-verspreiding was trouens van die spoedigste en strengste ter wêreld.
Sedert die stelselmatige verslapping van maatreëls ons samelewing al oper gemaak het, is Namibiërs daarop gefokus om hul eie mikro-ekonomieë van die ventilator af te kry.
Die “suurstof” wat nodig is om ekonomieë te laat gedy, is aktiwiteite in die markplek wat nie sonder mense en hulle onderlinge interaksie kan geskied nie.
Die skerp toename in Covid-19-gevalle op Rehoboth is egter ’n wekroep om nie ons waaksaamheid te verslap nie.
Dié dorp het in die voorafgaande dae elke dag gemiddeld meer as tien nuwe gevalle van Covid-19 aangeteken.
Dit is meer as dubbeld die gemiddeld van vyf gevalle per dag die week vantevore. Nie lank terug nie was daar in dié distrik gemiddeld minder as een geval per dag.
Baie van die 106 nuwe gevalle wat in November op Rehoboth gerapporteer is, kan teruggespoor word na mense wat op 31 Oktober ‘n begrafnis op die dorp bygewoon het.
Onthou, die argeloosheid oor voorsorgmaatreëls kan tot só ’n toename in gevalle lei dat Namibië gevaar staan om soos lande in Europa opnuut onder slot en grendel te kom.
Die dra van maskers, handhawing van veilige afstande en gereelde handreiniging is beproefde virusteenvoeters.
Doen die regte ding en bly waaksaam.
Dit is in nasionale belang.
SO SÊ ANDER
The Washington Post, 17 November 2020
Will G-20 leaders ignore the murders and torture of the Saudi regime?
Saudi Arabia has spent millions in the past two years seeking to whitewash an image tarnished by war crimes in Yemen and the brutal repression of domestic dissent.
Because of the pandemic, the summit will be held virtually. The regime of King Salman and its de facto leader, Crown Prince Mohammed bin Salman, will however still receive an undeserved validation — unless G-20 leaders use the summit to call attention to human rights activists who have been unjustly imprisoned.
A number of Saudis who peacefully campaigned for women’s rights have languished in prison for years, despite never having been convicted of a crime.
Leaders of G-20 nations, particularly from the democracies, never should have allowed Saudi Arabia to assume the presidency of the group or host a summit while these outrages were ongoing. They will compound the error if they participate in this weekend’s events while remaining silent about the imprisoned activists. They should publicly demand that the imprisoned activists be freed — and make clear that the Saudi regime will not have normal relations with their governments until they are.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie