Bob Dylan verkoop liedjiekatalogus vir US$300 m.
Bob Dylan verkoop liedjiekatalogus vir US$300 m.

Bob Dylan verkoop liedjiekatalogus vir US$300 m.

Yandi Du Plessis
Die Amerikaanse liedjieskrywer en sanger Bob Dylan het sy liedjieskryf-katalogus glo vir meer as US$300 miljoen aan die Universal Music Group verkoop.

Dit strek oor meer as ses dekades met meer as 600 liedjies, wat dit dalk die grootste aankoop nóg van een kunstenaar se werk maak.

Dit is wel die grootste transaksie wat die afgelope jaar beklink is.

Dylan (79) is die enigste rock-ster wat al die Nobelprys vir letterkunde gekry het.

Die katalogus strek van sy treffer “Blowin’ in the Wind” in 1962 tot “Murder Most Foul”, wat vanjaar die lig gesien het.

Oor die afgelope 58 jaar het die kulturele en ekonomiese waarde van sy oeuvre geweldig gegroei.

Dié katalogus sluit in ander treffers soos “The Times They are a-Changin’” en “Like a Rolling Stone”.

Dylan het lank self die kopiereg van sy liedjies hanteer.

“Dit is geen geheim nie dat die kuns om liedjies te skryf die sleutel tot alle goeie musiek is,” sê Lucian Grainge, uitvoerende hoof van die Universal Music Group, in ’n verklaring.

“Dit is ook nie ’n geheim nie dat Bob een van die beste beoefenaars van hierdie kuns is.”

Dylan het nie op die transaksie kommentaar gelewer nie.

Hy het in 2016 die Nobelprys vir letterkunde gekry omdat hy “nuwe digterlike uitdrukkings in die Amerikaanse liedjietradisie geskep het”.

Dylan is ’n liedjieskrywer oor wie se werk musiekverspreiders graag kibbel.

Sy werk het nie net die toets van die tyd deurstaan nie, maar die meeste van sy liedjies het hy op sy eie geskryf en dit is gereeld deur ander kunstenaars uitgevoer en opgeneem. En elke opname het tantiemes meegebring.

Volgens Universal is Dylan se liedjies al meer as 6 000 keer opgeneem.

Die transaksie met Universal sluit egter liedjies uit wat Dylan in die toekoms mag skryf.

Dus is dit moontlik dat hy in die toekoms met ’n ander verspreider sal werk. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!