Bob Dylan wen Nobelprys
Nobelprysbeoordelaars het Bob Dylan Donderdag as die wenner van vanjaar se Nobelprys vir letterkunde aangewys.
Die 75-jarige musikant is die eerste musikant in die 115 jaar lange geskiedenis van die Nobelprys om die prys vir letterkunde te wen. Hy is vereer “vir die skepping van nuwe poëtiese uitdrukkings in die groot Amerikaanse liedere-tradisie”.
Dit is die grootste erkenning in die lang debat oor of lirieke, en veral rock-lirieke, as kuns beskou kan word.
Dylan, wat liedjies soos “Like a Rolling Stone”, “Blowin'' in the Wind” en dosyne ander geskep het, se naam word nou gevoeg by dié van Samuel Beckett, Toni Morrison en T.S. Eliot, na wie Dylan in sy epiese lied “Desolation Row” verwys het.
“Geluk aan een van my gunsteling digters, Bob Dylan, met ''n welverdiende Nobel,” het pres. Barack Obama, wat in 2012 die sanger-liedjieskrywer met ''n presidensiële vryheidsmedalje vereer het, op Twitter gesê.
Die verrassende aankondiging in Stockholm is met sowel euforie as misnoeë begroet.
Baie van sy aanhangers haal Dylan aan asof hy Shakespeare is. Volledige universiteitskursusse en akademiese volumes is aan liedere afgestaan en regters werk gereeld Dylan-aanhalings in hul regsopinies by soos “The times they are a-changing” en “You don''t need a weatherman to know which way the wind blows”.
“''n Swak deurdinkte nostalgiese toekenning wat uit die galsterige prostate van seniele, brabbelende hippies geruk is,” het die skrywer van Trainspotting, Irvine Welsh, getwiet. - Nampa/AP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie