Bob Meiring verloor kankerstryd
Namibië groet 'n geliefde baanbreker wat 'n groot invloed op verskeie sektore in die land gehad het.
Francoise Steynberg - 'n Geliefde Namibiër wat diep spore in mynbou-, finansiële en regskringe, getrap het, mnr. Bob Meiring (81), het sy stryd teen kanker verloor.
Sy weduwee, me. Anetta Meiring, het aan Republikein gesê hy het Dinsdag in die versorgingseenheid van hul aftree-oord op Swakopmund gesterf nadat hy vir sowat 18 maande moedig teen pankreaskanker geveg het.
Hendrik Albert Ryk (Bob) Meiring is op 16 Desember 1938 gebore en het sy skoolloopbaan aan die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein in Suid-Afrika voltooi.
Hy het sy eerste van vele grade, 'n B.Sc-graad aan die Universiteit van die Oranje Vrystaat (UOVS) in 1955 verwerf, en hy was ook 'n student by die internasionaal bekende Harvard Business School in Boston, Amerika.
Wat merkwaardig was, was dat hy sy LLB-graad op die rype ouderdom van 74 verwerf het.
Ná Meiring se aftrede uit 'n uiters suksesvolle korporatiewe loopbaan in die mynbou en finansiële sektore, het hy nie op sy louere soos enige afgetredene gerus nie. Hy is in 2013 by die hoërhof as 'n regsgeleerde ingesweer, waarná hy by die regsfirma Fisher, Quarmby & Pfeifer gepraktiseer het.
In die mynboubedryf was Meiring veral bekend as die bestuurder en uitvoerende hoof vanaf 1980 tot 1988 van die destydse Tsumeb Corporation Ltd (TLC) op Tsumeb met 5 000 werknemers en president van die Namibiese Kamer van Mynwese.
Daarna het hy die finansiële wêred betree as uitvoerende voorsitter van First National Development Corporation en besturende direkteur by Lonrho Namibia Ltd, Sanlam en AB/BV Investments. Meiring was ook 'n stigterslid van die Namibiese Toesighoudende Owerheid vir Finansiële Instellings (Namfisa) en voorsitter van die Namibiese Aandelebeurs (NSX).
Meiring het tydens sy kleurryke loopbaan op verskeie direksies in die mynbou- en finansiële sektor gedien, maar was ook by die Namibië Rugby-unie (NRU) en Natuurbewaringsraad betrokke.
Hy word deur sy vrou, seuns, Ryk en David, en stiefkinders, Annilise, Hendrik en Johannes, oorleef. Meiring se dogter Laura het hom ontval.
Sy roudiens vind op Saterdag 15 Februarie om 12:00 by die Rössmund-gholfklub plaas.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie