Bobaas-bakster ruik sukses

Tanja Bause
Tanja Bause



“Die Covid-19-pandemie en gepaardgaande inperkings het my toegelaat om my eie besigheid te begin en te laat floreer. Aangesien ons nie meer in klaskamers moes sit nie en aanlyn vanaf die huis moes werk, het ek baie meer vrye tyd gehad om op my bakkery te konsentreer,” het Claudia Puati (23) gesê.

Puati is 'n vierdejaarstudent in ­besigheidsadministrasie by die Inter­national Training College-Lingua wat 'n passie vir kook en bak het.

“Ek het van kleins af my ma in die kombuis gehelp wanneer sy gebak het en op 16-jarige ouderdom het ek vir my familie begin bak. Die mense het altyd gevra waar ek die koeke gekoop het, want dit lyk soos ­'winkel'koeke. Hulle het my aan­gemoedig om my eie besigheid te begin en om my koeke te verkoop.”

Puati was egter nie oortuig nie en het vir die volgende paar jaar nog aangehou om vir familie en vriende te bak tot sy in Mei vanjaar haar ­besigheid Delicious Bakeries begin het.

“Ek het begin om my koeke in September te verkoop, maar dit was moeilik om elke dag in die klas te sit en dan in die aand huis toe te kom en te bak. Ek het nie baie gebak en verkoop nie, toe kom die ­inperkings en ons moet by die huis bly en aanlyn leer. Ek het skielik baie ekstra tyd gehad en my besigheid het gegroei. Ek het 'n Facebook-blad en Instagram oopgemaak en die bestellings het begin instroom.”

Puati het ook minikoeke begin bak.

“Ek het die idee vir die klein koeke gekry omdat daar baie mense is wat nie noodwendig 'n groot koek wil hê nie. Enkelmense of dalk hou die een van sjokolade en die ander van ­vanielje, nou kan jy al twee koop.

“Of dit is vir mense wat dalk net eers my koeke wil proe voordat hulle 'n groot koek bestel. Dit is ook die ideale happie om werk toe te vat. Hulle is my beste verkopers.”

Puati wil graag eendag haar eie bakkery open waar sy nie net ­allerhande gebakte items wil aanbied nie, maar ook ­verskillende pasteie wil maak en verkoop.

“Ek wil kreatiewe koeke bak, soos byvoorbeeld 'n koek wat soos 'n ­hamburger lyk. Dit is 'n soet koek, maar dit lyk soos 'n groot ­hamburger.”

Op die oomblik bied ­Delicious Bakeries drie Kersbokse aan teen ­verskillende pryse met verskeie vars gebakte lekkernye in.

Die bokse bevat elk 'n koek, kolwyntjies en vleispasteie. Die bokse het dan ook klapperoliebolle, ring­oliebolle of Italiaanse Kersbrode in.

Mense wat hierin of in enige van haar koeke belang stel kan vir haar 'n boodskap op haar Facebook-blad, Delicious_bakeries, stuur.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!