Bobaasbande: Wrangler All-Terrain Adventure
Kragtige Kevlar vir jou bakkie
Yochanaan Coetzee - TrenTyre, een van Namibië se voorste buitebandverskaffers, het onlangs sy Goodyear Wrangler® All-Terrain Adventure-bande aan die plaaslike mark bekend gestel.
'n Groep joernaliste, padveiligheidkenners en belanghebbendes in die motorbedryf is laas week na die Tony Rust-renbaan genooi waar ons meer geleer het oor die merkwaardige eienskappe van dié nuutste lid van die bekroonde Wrangler®-familie.
“Dit is vir ons baie opwindend om hierdie besonderse band aan die plaaslike mark bekend te stel. Met sy vooruitstrewende tegnologie, is ons trots om te sê dat die Goodyear Wrangler All-Terrain Adventure 'n puik produk is wat aan die gebruiker nie net veiligheid en besonderse prestasie in alle toestande aanbied nie, maar ook 'n groot verskil in terme van gemak en waarde vir geld,” het mnr. Henrico du Plessis, die nasionale bedryfsbestuurder van Trentyre, gesê terwyl hy ons om die baan geneem het om die bande se werkverrigting eerstehands te ervaar.
Dit is 'n taai en duursame band vir veldry, maar ook perfek vir padgebruik - en met perfek, bedoel ek perfek.
Dit klou om die baie draaie vas aan die baan sonder om 'n groot lawaai te maak, wat aandui hoe goed dit teer hanteer.
Die remeienskappe is ook deeglik getoets. Die Wrangler All-Terrain Adventure het 'n groot indruk op die gaste gemaak toe dit teen 130 km/h ná net sowat 100 m tot stilstand gebring is.
“Dit is ongelooflik. Ja, ABS en die ander stelsels maak 'n verskil in sulke gevalle, maar dit wys duidelik watter verskil jou bande maak. Dis regtig merkwaardig,” het mnr. Jones Lutombi, hoof van ongeluk- en beseringvoorkoming van die Motorvoertuigongelukkefonds (MVAF), gesê.
Daarna het ons die band behoorlik op die vasbytbaan getoets en weer eens het die Wrangler All-Terrain Adventure uitgeblink.
Met sy ultrasterk Kevlar-vesellaag is die Wrangler All-Terrain Adventure byna koeëlvas en gee die bestuurder die gemoedsrus dat die band nie sommerso stukkend gesteek sal word nie.
Dit versterk die loopvlak en bied die sterkte wat nodig is om skade te voorkom én vir 'n stresvrye veldry-ervaring.
Hierdie deurbraak in buitebande word versterk deur die Durawall™-tegnologie wat weerstand teen snye verbeter.
Ons groep het lag-lag deur die berge buite Windhoek gery en met die Wrangler All-Terrain Adventure-bande op die magtige bakkies wat Isuzu op die dag geborg het, kon baie min ons pad versper. Tot die jongste drywers kon soos Kingsley Holgate self die bosse en berge klop terug na die baan toe.
Die groewe van die Wrangler All-Terrain Avontuur skep meer trekkrag tussen die band en die padoppervlak, wat sorg vir gemakliker en veiliger hantering in alle toestande.
Meer kilometers
Goodyear-ingenieurs het die ontwerp geoptimaliseer vir 'n gelyke drukverspreiding oor die loopvlak, wat uitstekende kilometers en goeie prestasie op die pad verskaf.
DEKRA-toetsresultate toon dat die Wrangler All-Terrain Avontuur gemiddeld 37% beter kilometerprestasie as ander getoetste bande het.
Aan die einde van die dag was 'n twee dinge duidelik: Eerstens is die Wrangler All-Terrain Adventure puik, op pad na watter avontuur ook al.
Tweedens is 'n besoek aan een van Trentyre se talle persele landwyd 'n vereiste om meer oor hierdie uitstekende produk uit vind.
Skakel 061 237 850 of maak 'n draai by een van die takke.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie