Boeiende romanse in Skotland
Juliana Coetzer
Talla is ’n vrou op ’n missie. Haar vriendin Theresa het geld vir ’n vliegtuigkaartjie én ’n opdrag in haar testament nagelaat: Gaan Skotland toe en bly vir drie maande in die Glencoevallei. Sy neem haar voor om anderkant die water ook ’n storie uit te snuffel wat simbolies in ’n tartanpatroon geweef kan word.
Talla werk as tatoeëerkunstenaar, maar is ook ’n wolkversamelaar wat elke vonds in ’n boekie aanteken en beoordeel. Die pileuswolk wat sy uit die vliegtuig sien, is byvoorbeeld 45 punte werd. Met haar wolkboekie, ’n roomysbak met Theresa se as en ’n digbundel van Breyten Breytenbach reis sy na dié asemrowende vallei wat ewe bekend vir sy skoonheid as sy bloedige verlede is.
Die waarskuwing van die vriendelike vrou langs Talla in die vliegtuig – “Dit is ’n meedoënlose plek wat maskers afhaal.” – klink soos ’n voorbode. Het wyle Theresa die soeker in Talla herken en besluit om haar na ’n omgewing te stuur waar sy in haarself moet vasloop en waar ander soekers haar pad sal kruis? Sy vind geborgenheid in die onopgesmukte herberg Munro’s en haar pad begin inderdaad parallel loop met dié van ander soekers: Mikey, die emosioneel kwesbare rondloper wat ná jare steeds onder die verdwyning van sy geliefde Kate ly; Ailsa met die hartseer verlede by wie Talla leer oor die kleursamestelling wat in die tartanpatroon geweef word; en Connor, die dokter en doedelsakspeler, wat klimmers op die Hooglandberge opspoor en in veiligheid bring wanneer hulle die cirruswolke (20 punte), wat reën en sneeu bring, ignoreer.
Die wolkversamelaars is ’n liefdesroman wat relevante hedendaagse kwessies betrek – gesinsgeweld, selfdood, stram verhoudings, skuldgevoelens, vergifnis en dissosiatiewe versteuring – wat besondere diepte aan die boek verleen. Die skrywer gebruik unieke beelde, soos die hel, wat volgens Talla ’n plek is waar geheime nie bestaan nie en waar alles wat jy onderdruk of vir mense wegsteek, aan die groot klok gehang word. Talla weet, want geheime dié het sy, soos haar ervarings met die Roekeloses, haar etlike gewese minnaars. Maar daar is ook ’n geheim buite haar bewussyn wat haar herhaaldelik in haar slaap teister: Die gevoel van hulpeloosheid wanneer sy van ’n hoë trap afval.
Een van die juwele waarin ek my verlustig het, is ’n aanhaling uit Tom Petty se Big Weekend: “’n Mens kan terugkyk, maar jy moet liefs nie staar nie.” Tog word Talla gedwing om na die verlede te staar wanneer sy haar gewese geliefde, Astian, opsoek om ’n antwoord te kry op ’n knellende vraag. ’n Insident dwing die geslote deur van die verlede oop én verklaar die inhoud van haar droom.
Die wolkversamelaars is ’n meesleurende boek wat ek nie kon neersit nie. Die karakters is interessant en ’n mens raak intens betrokke by hul doen en late. Ek wou my arms om Mikey gooi, een van die kleurrykste karakters in die verhaal, en ek wens ek kan ’n blik op sy toekoms kry. Astian was vir my ’n teleurstelling (ek wou hom net skud!), terwyl ek gewens het vir ’n vurige sekstoneel tussen Talla en iemand wie se naam ek nie kan noem nie.
Die skrywer is duidelik bekend met Skotland en haar beskrywings laat die landskap soos ’n skildery voor jou opstaan. Die hoofstukke is kort en die taal lewendig. Ek het opgewonde gelees om meer oor die verskillende wolke te leer en is op bl. 242 met dié inligting beloon: “Daar is tien genera wolke. Binne elke tipe klassifikasie is daar spesies en variëteite en binne spesies kom daar nog variëteite voor. Ordinêre stratocumuluswolke bring die versamelaar net 10 punte in die sak teenoor die 25 punte van die dramaties golwende Kelvin-Helmholtz, die kroon van ’n wolkversameling.”
’n Mens is nooit te oud om te leer nie.
· * Juliana Coetzer is ’n skrywer, vryskutresensent en psigoterapeut van Vermont. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie