Boeing 737 is veilig, sê Amerika
Die Amerikaanse federale lugvaartowerheid (FAA) gaan nie die Boeing 737 Max 8-vliegtuig hok nie, en het Amerikaanse lugdienste verseker dié vliegtuie is veilig en lugwaardig.
Die FAA gaan Boeing egter maan om veranderinge aan die ontwerp van die vliegtuig deur te voer wat reeds vir maande oorweeg word.
'n Boeing 737 Max 8 het Sondag in Ethiopië neergestort en dieselfde Boeing-model van Lion Air het verlede jaar in Oktober in Indonesië geval. Minstens 157 mense is in Sondag se ongeluk dood.
“Boeing ontwikkel vir maande reeds verbeterde vlugbeheersagteware vir die 737 Max wat ontwerp is om 'n vliegtuig wat reeds veilig is nog veiliger te maak,” het Boeing volgens CNN gese.
“Boeing werk nou saam met die FAA in die ontwikkeling, beplanning en sertifisering van die sagtewareverbetering, en dit gaan binne weke gereed wees.”
Die FAA sê hy sal sy posisie heroorweeg indien verdere probleme met die vliegtuig aangemeld word.
CNN berig daar is tans 350 vliegtuie van die Max 8-reeks wat wêreldwyd gebruik word, maar talle lande het reeds besluit om die Max 8 se vlerke te knip.
Lande soos Ethiopië, China, Singapoer, Indonesië, Mexiko, die Kaaimanseilande en Comair in Suid-Afrika het besluit om die Max 8 te hok terwyl Amerika, Noorweë, die TUI-groep in die Verenigde Koninkryk, Fidji, Ysland, Dubai, Kanada en Brasilië aangedui het dat hulle dít nie gaan doen nie.
Dianne Feinstein, die voorste Demokraat van die senaat se justisiekomitee in Amerika, het intussen 'n beroep op die FAA gedoen om vlugte met die Max 8 op te skort totdat die ondersoek na die oorsaak van Sondag se lugramp in Ethiopië afgehandel is, berig Time. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie