Boeing 737 Max kry wu00e9u00e9r nuwe baas
Boeing 737 Max kry wu00e9u00e9r nuwe baas

Boeing 737 Max kry wéér nuwe baas

Eric Lindblad, hoof van die Amerikaanse vliegtuigvervaardiger Boeing se 737-program, tree uit ná sowat 'n jaar in die pos.

Lindblad moes die afgelope maande die krisis by Boeing hanteer toe sy topverkoper Boeing 737 Max-passasiersvliegtuig gedwing is om vlugte te staak ná noodlottige ongelukke in Oktober 2018 en Maart vanjaar.

Hy is die tweede hoof van die 737-program binne net twee jaar. Die 737-program is Boeing se grootste bron van wins.

Lindblad (57) het vir 34 jaar by Boeing gewerk, en het beheer ­oorgeneem by Boeing se fabriek vir sy 737-vliegtuie in Renton, Washington, op 'n tydstip waarin Boeing gesukkel het met laat aflewerings van vliegtuigenjins en ander onderdele.

Lindblad het in 2018 aangedui hy wil uittree, het Kevin McAllister, hoof van Boeing se kommersiële afdeling, Donderdag in 'n brief aan werknemers gesê.

Sy opvolger is Mark Jenks. Sy eerste logistieke uitdaging is om die 737 Max weer in die lug te kry sodra reguleerders oor lugvaart­veiligheid die groenlig gegee het.

Meer as 500 van die 737 Max-vliegtuie is wêreldwyd op die grond, insluitende sowat 150 nuwe vliegtuie wat nog nie by lugdienste ­afgelewer is nie.

Boeing se plan vir 'n nuwe passasierstraler vir die gaping tussen die kleinste wyerompvliegtuie en die grootste smalrompvliegtuie is in die weegskaal sedert die Max nie mag vlieg nie. Kritieke ­besluite oor produkstrategie is gestaak terwyl die Max-krisis hanteer word. Sommige ontleders meen die projek behoort vervang te word met 'n nuwe 737-projek.

Intussen het Willie Walsh, hoof van die vliegtuigverhuurder IAG en 'n vorige hoof van British Airways, in 'n onderhoud in Brussel gesê dis hul frustrasie met die ­Europese vliegtuigvervaardiger Airbus se swak diens dat IAG besluit het om eerder 200 Boeing 737 Max-vliegtuie vir US$24 miljard te bestel. IAG moet gemiddeld 70 dae wag vir ­aflewering van Airbus se A320, wat met die Max meeding, sê Walsh.

Walsh, self 'n eertydse vlieënier van Boeing 737's, sê as die Max eers weer na diens terugkeer sal dit die mees ondersoekte vliegtuig wees. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!