Boeing 737 sal voortaan 'veiligste nog' wees
Boeing 737 sal voortaan 'veiligste nog' wees

Boeing 737 sal voortaan 'veiligste nog' wees

Boeing het die ontwikkeling van die sagteware vir die 737 Max-vliegtuig, tesame met die maatskappy se toetsvlugte, opdateer en sweer nou hoog en laag dit sal die veiligste vliegtuig tot nóg toe wees.

Die maatskappy sê Boeing het dié nuwe weergawe van die 737 Max-vliegtuig reeds vir meer as 360 uur en 207 vlugte getoets.

Hulle verskaf nou bykomende inligting op versoek van die Federale Lugvaartadministrasie (FAA) oor hoe vlieëniers met die vliegtuig se beheersentrums en skermbeelde in verskillende vlieg-scenario’s in wisselwerking tree.

Die stelsel word die “invalshoekstelsel” (AoA) genoem en die doel is om die vlieënier te laat weet wanneer twee verskillende sensors teenstrydige data gee.

Wanneer Boeing aan al die FAA se vereistes voldoen het, sal die maatskappy met die FAA saamwerk om sy sertifisering vir die toetsvlugte te skeduleer en finale dokumente indien.

Dennis Muilenburg, Boeing se voorsitter, president en uitvoerende hoof, sê hulle is toegewyd om al die inligting wat die FAA en globale reguleerders benodig korrek te verskaf.

“Ons maak duidelike en geleidelike vooruitgang en ons is vol vertroue dat die 737 Max-vliegtuig met opgedateerde sagteware een van die veiligste vliegtuie nog sal wees.”

Boeing is onder druk sedert een van sy 737 Max 8-vliegtuie van Ethiopian Airlines in Maart ná sowat ses minute in die lug neergestort het. Al 157 mense aan boord is dood. Nog ’n Boeing 737 Max 8 was vyf maande tevore in Indonesië in ’n soortgelyke vliegramp betrokke.

Muilenburg het gesê die ongelukke het hul toewyding aan hul waardes, insluitende veiligheid, gehalte en integriteit verhoog, want hulle weet lewens hang af van wat hulle doen.

Boeing het vroeër erken hy het ’n jaar voordat die eerste 737 Max neergestort het, geweet van ’n probleem – maar het herhaal dat dit nie die vliegtuig in gevaar gestel het nie. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!