Boeing ‘het eintlik lankal geweet van foutjie’
Die maatskappy sê ’n sekere alarmstelsel in die stuurkajuit is opsioneel gemaak pleks van standaard, berig die BBC.
Boeing erken hy het ’n jaar voordat die eerste 737 Max-vliegtuig neergestort het, geweet van ’n probleem – maar sweer dat dit nie die vliegtuig in gevaar gestel het nie.
Die maatskappy sê ’n sekere alarmstelsel in die stuurkajuit is opsioneel gemaak pleks van standaard, berig die BBC.
Die stelsel word die “invalshoekstelsel” (AoA) genoem en die doel is om die vlieënier te laat weet wanneer twee verskillende sensors teenstrydige data gee.
Volgens Boeing was dit beplan dat die stelsel as standaard saam met die vliegtuig sou kom, maar het hulle eers agtergekom dat dit nie gedoen is nie nadat die eerste vliegtuie reeds afgelewer is. In daardie stadium moes dit apart bestel word, maar daar is beplan om dit in ’n volgende sagtewarebywerking reg te stel.
Dit is nie bekend of die feit dat die alarm nie afgegaan het nie deels ’n oorsaak was waarom die twee vliegtuie neergestort en 346 mense dood is nie. Maar die voorafkennis dat twee sensors teenstrydige lesings kon gee, sou die vlieëniers kon laat besef het dat een van die sensors nie reg werk nie, berig CNN.
VOORLOPIGE ONDERSOEKE
In albei gevalle het voorlopige ondersoeke daarop gedui dat die verkeerde inligting van ’n invalshoeksensor die vliegtuig se anti-staak-sagteware in werking gestel het wat die vliegtuig se neus afgedruk het.
Volgens Boeing het sy senior bestuur en die Federale Lugvaartadministrasie (FAA) nie daarvan geweet nie tot nadat die eerste vliegtuig van Lion Air neergestort het.
Boeing beweer die waarskuwingsfunksie was nie nodig om die vliegtuig veilig te gebruik nie, maar lugvaartontleders kritiseer Boeing se aanvanklike sagteware om net op een AoA-sensor staat te maak en sê dié instrumente is kwesbaar vir foute.
Nie een van die twee vliegtuie wat neergestort het, het die AoA-stelsel gehad nie. Ná die Lion Air-ongeluk het Boeing ’n komitee aangestel om te bevind of die afwesigheid van die AoA-stelsel ’n veiligheidsrisiko is, en daar is bevind dit is nie.
Die FAA het aan die webblad Quartz bevestig dat Boeing hom daarvan in kennis gestel het.
Een van sy interne hersieningsrade het ook bevind dit is ’n kwessie van “lae risiko” en dit kan wag om reggestel te word tot die sagtewarebywerking waaraan Boeing gewerk het. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie