Boeing hok alle 737 Max 8-vliegtuie
Die Amerikaanse vliegtuigvervaardiger Boeing het al sy 737 Max 8-vliegtuie wat tans in die wêreld in gebruik is, gehok. Dit beteken nie een van dié 371 vliegtuie mag vlugte onderneem nie.
Dit volg nadat nuwe inligting oor Sondag se vliegramp in Ethiopië op die ongelukstoneel waar 157 mense gesterf het, aan die lig gekom het, berig BBC.
Die Amerikaanse Federale Lugvaartadministrasie (FAA) sê nuwe inligting sowel as nuwe satellietdata het dié stap genoodsaak.
Die FAA het 'n ondersoekspan op die ramptoneel van die Ethiopian Airlines-vlug wat sy aan sy met die Amerikaanse Nasionale Veiligheidsvervoerraad werk om die oorsaak van die ramp vas te stel.
Dan Elwell, waarnemende administrateur by die FAA, het laat gister aan BBC gesê "dit het aan die lig gekom dat die trajek van die Ethiopian Airlines-vliegtuig baie dieselfde was as dié van die Lion Air-vliegtuig en baie dieselfde gedrag getoon het".
Laasgenoemde het op 29 Oktober verlede jaar naby Djakarta in Indonesië neergestort en 189 mense is dood.
Foto: Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie