Boeing se markwaarde duik met $25 mjd.
NBC berig hoewel dié reuseval in markwaarde genoeg is om enige maatskappy se ondergang te beteken, dié maatskappy groot genoeg is om dit te absorbeer.
Elvira Wood – Boeing se markwaarde het vandeesweek reeds met meer as $25 miljard gedaal.
Die maatskappy se aandele op die beurs in New York het sedert die naweek nadat ’n Boeing 737 MAX 8-vliegtuig in Addis Abeba, Ethiopië, neergestort het, reeds met meer as 10% gedaal.
Dit is die tweede van dié vliegtuie wat binne vyf maande neergestort het. ’n MAX 8-vliegtuig wat aan Lion Air behoort, het in Oktober in Indonesië geval.
CNN berig dat hoewel Boeing steeds sê hy het vertroue in die veiligheid van sy vliegtuie, het hy ook aanbeveel dat die vliegtuie vir eers gehok moet word.
NBC berig dat hoewel $25 miljard in markwaarde genoeg is om enige maatskappy se ondergang teweeg te bring, is Boeing groot genoeg om dit te absorbeer.
Luidens Bloomberg Markets is Boeing se markwaarde steeds $213 miljard, selfs nadat sy aandele geval het.
Barclays het reeds gesê hy dink die MAX 8-probleem kan Boeing tot soveel as $1 miljard kos.
“Dit is as ons aanneem alle aflewerings word gestaak en finansiële boetes word deur lugrederye gehef wat nie die MAX 8’s wat hulle het, kan gebruik nie,” sê ontleders van dié bank.
Volgens Sheila Kahyaoglu, lugvaartontleder by die beleggingsbank Jefferies in New York, genereer Boeing sowat 25% van sy inkomste uit sy 737-reeks.
Luidens NBC is daar reeds sowat 385 van die vliegtuie oor die wêreld heen by verskeie lugdienste in diens.
Boeing het egter bevestig dat sy hele vloot van 737 MAX-vliegtuie tans wêreldwyd gehok is.
Boeing het glo nog uitstaande bestellings vir sowat 4 600 van hierdie vliegtuie.
Die MAX 8 het Boeing se bekende 737-800 vervang.
Richard Aboulafia, ontleder by die Teal Group in Fairfax in die Amerikaanse deelstaat Virginië, sê wanneer dit by vliegtuie met ’n enkele paadjie kom, het lugdienste tans nie ’n groot keuse nie.
Hulle moet óf tussen Boeing se MAX 8 óf Airbus se A320 kies. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie