• Tuisblad
  • Sake
  • Boeing se Max 8 dalk weer in April in die lug
Boeing se Max 8 dalk weer in April in die lug
Boeing se Max 8 dalk weer in April in die lug

Boeing se Max 8 dalk weer in April in die lug

Hanlie Stadler – Spanne van drie Amerikaanse lugdienste met Boeing 737 Max 8-vliegtuie in hul vloot is dié week op ’n feitesending na Boeing se fabriek in Renton, Washington, berig Reuters.

Boeing het glo ’n oplossing gevind vir die sagteware wat die vliegtuie laat wanfunksioneer, maar Amerikaanse reguleerders moet dit nog nagaan en goedkeur, ’n proses wat in die komende week sal begin.

Dit kom nadat alle Max 8-vliegtuie wêreldwyd gehok is ná die ongeluk van Ethiopian Airlines op 10 Maart in Addis Abeba waarin 157 mense dood is, asook die Lion Air-ongeluk op 29 Oktober in Indonesië waarin 189 mense dood is. Albei was Max 8-vliegtuie.

Die Lion Air-ongeluk is daaraan toegeskryf dat die vliegtuig aangehou duik het weens ’n veiligheidseienskap wat wanfunksioneer het. Die loods kon nie die outomatiese proses afskakel nie.

Bloomberg het onlangs berig daar is tekens dat die Ethiopiese ongeluk aan dieselfde sagtewarefout toegeskryf kan word.

Wêreldwyd is daar 371 van die vliegtuie by 54 lugdienste.

Comair, wat British Airways en Kulula in Suid-Afrika bedryf, het so onlangs as Februarie met groot fanfare sy eerste Max 8 verwelkom, die eerste en enigste plaaslike lugdiens met dié vliegtuig in sy stal.

Dit was die eerste van agt Max 8-vliegtuie wat Comair bestel het. Die tweede sou in Maart afgelewer word en die ander ses oor die volgende paar jaar tot 2022.

Die vliegtuig se vlerke is egter geknip ná die Ethiopiese ongeluk.

In die VSA besit Southwest Airlines 34 Max-vliegtuie, American Airlines 24 en United Airlines 14.

Daar is nog geen aanduiding wanneer die vliegtuie weer in diens gestel sal word nie. Loodse sal ook heropleiding moet ondergaan, maar dit behels net 15 minute om hulle te leer om ’n stelsel te deaktiveer in die geval waar sensors wanfunksioneer, volgens Reuters.

’n Amptenaar van Amerika se federale lugvaartowerheid het wel aan Reuters gesê die proses kan in April klaar wees.

Dennis Muilenberg, uitvoerende hoof, het verlede week in ’n ope brief gesê Boeing bou al 100 jaar lank vliegtuie en is daartoe verbind om vliegtuie veiliger te maak.

“Ons weet lewens hang af van die werk wat ons doen, en ons spanne aanvaar daardie verantwoordelikheid met ’n diepe verbintenis elke dag.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!