• Tuisblad
  • Sake
  • Boeing stel nuwe sagteware vir Max-vliegtuie bekend
Boeing stel nuwe sagteware vir Max-vliegtuie bekend
Boeing stel nuwe sagteware vir Max-vliegtuie bekend

Boeing stel nuwe sagteware vir Max-vliegtuie bekend

Hanlie Stadler - Boeing het Woensdagaand bekend gemaak dat nuwe sagteware vir sy 737 Max-vliegtuie ontwikkel is wat sal keer dat dié vliegtuie outomaties duik onder sekere omstandighede.

Die sagteware-aanpassing is nog nie deur die VSA se federale lugvaartowerheid (FAA) of ander reguleerders goedgekeur nie, maar Boeing sê in ’n verklaring hy werk met hulle saam om sertifisering te bekom.

“Die sagteware is deur honderde ure van ontleding, laboratoriumtoetse, verifiëring in ’n vlugnabootser en twee toetsvlugte gesit, insluitende ’n sertifiseringstoets waartydens FAA-verteenwoordigers aan boord was as waarnemers.”

Die aankondiging volg op twee noodlottige ongelukke met die Max 8, die nuutste weergawe van die vliegtuie. In Oktober het ’n vlug van die Indonesiese lugdiens Lion Air neergestort en ’n paar weke gelede ’n Ethiopian Airlines-vlug. In die twee ongelukke is 346 mense dood.

’n Deel van die vliegtuig se outoloodsprogram, die Maneuvering Characteristics Augmentation System (MCAS), is as die rede vir die Lion Air-ongeluk geïdentifiseer en daar word ook vermoed in die tweede ongeluk, hoewel die ondersoek daarna voortduur.

Boeing verduidelik in ’n verklaring die tegniese aspekte van hoe die MCAS gekeer gaan word om vanself te duik, ’n proses is wat vlieëniers sukkel om te oorheers.

Vlieëniers sal bygewerkte rekenaargegronde opleiding moet ondergaan wanneer die sagteware-hersiening goedgekeur is.

Die MCAS is uniek aan die Max. Die webtuiste The Air Current verduidelik dat die vliegtuie se neus opwaarts trek omdat Boeing die enjin verder vorentoe geposisioneer het as in ander vliegtuie, waardeur hy groot brandstofbesparings kon bewerkstellig.

Die MCAS skop onder sekere omstandighede in om die neus weer afwaarts te druk om te keer dat die vliegtuie se enjin gaan staan. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!