Boek: 'Magnus, ander oudministers was pedofiele'

Die boek beweer die destydse minister van omgewingsake se selfmoord in 1987 was dalk moord.
’n Skokkende boek beweer genl. Magnus Malan en twee ander voormalige ministers in die Nasionale Party-regering was pedofiele wat aan seksorgies met jong seuns deelgeneem het.

John Wiley, die destydse minister van omgewingsake, en nog ’n minister was daarby betrokke. Die boek wil dit ook hê dat Wiley se selfmoord in 1987 straks moord was.

Die ander minister se naam word op regsadvies weerhou.

Die orgies het glo gebeur wanneer die ministers vir “visvanguitstappies” na Birdeiland naby Port Elizabeth is.

Dave Allen, ’n skatryk sakeman en vriend van Wiley, was ook daarby betrokke.

Die meeste van die slagoffers was bruin en in hul vroeë tienerjare.

Chris Steyn, ’n ondersoekende joernalis, en Mark Minnie, ’n voormalige speurder, maak die onthullings in hul boek, Die seuns van Bird Island, wat Sondag op die rakke verskyn het. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!