Boek oor basiese toelaag vrygestel
Die resultate van navorsing oor die impak van 'n onvoorwaardelike toelaag op Otjivero is bekend gestel.
Augetto Graig
Otjivero is weer honger.
Dít tien jaar nadat 'n basiese inkomste-toelaag, beter bekend as BIG, op dié dorpie ingestel is.
'n Navorsingsprojek is van stapel gestuur waarvolgens alle inwoners van dié dorpie naby Omitara vir twee jaar lank, in 2008 en 2009, elk N$100 per maand as toelaag ontvang het.
Donderdag is 'n publikasie vrygestel waarin ingesamelde data deur mnr. Herbert Jauch, voorsitter van die Ekonomiese en Maatskaplike Geregtigheidstrust (ESJT), ontleed is.
“Inwoners het gisteraand ontroerend getuig hoe dié toelaag hul lewens verander het, en hoe teleurgesteld hulle in die regering is omdat dit steeds nie op nasionale vlak ingestel is nie,” het Jauch Vrydag gesê.
Hy het die boek in samewerking met mnr. Engelhardt Unaeb en me. Claudia en mnr. Dirk Haarmann saamgestel, en onderhoude met Otjivero se BIG-begunstigdes behartig.
Een van dié onderhoude is met mnr. Josef Ganeb, 'n messelaar van Otjivero, gevoer. Ganeb het in 2008 'n baksteenvervaardigingsbesigheid met sy BIG-geld op die been gebring.
Hy is in 2009 en weer vanjaar ondervra.
Sy onderneming het aanvanklik goed gevaar, maar teen die einde van die projek in 2009 het dit weer broekskeur begin gaan.
Die besigheid bestaan steeds en Ganeb is van plan om dit uit te brei sodra omstandighede verbeter.
“Honger het teruggekeer, maar nie so erg soos voorheen nie,” het hy in die jongste onderhoud gesê.
Voor die BIG het 76% van Otjivero se inwoners in November 2007 onder die broodlyn geleef.
Binne 'n jaar het dié syfer na 37% gedaal.
Teen November 2018 het net 16% van die dorpie se inwoners steeds voedselarmoede ervaar.
“Dit toon die dramatiese impak van 'n nasionale basiese inkomste-toelaag op voedselarmoede in Namibië,” lui die boek.
In die verslag word die regering se mislukking betreur om 'n nasionale BIG toe te pas, en biskop Zephania Kameeta, minister van armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn, wat eens 'n groot voorstander van die BIG was, se stilte word bevraagteken.
Sy onlangse voorstel vir 'n werkloosheidstoelaag strook nie met die wêreld se eerste onvoorwaardelike universele kontantoordragprojek, wat deur die Namibiese koalisie vir basiese inkomstetoelae opgestel en geïmplementeer is nie.
Die BIG het Otjivero-inwoners in die twee jaar ter sprake aangespoor om inkomste te skep met besigheidsbetrokkenheid bo die ouderdom van 15 wat op 55% staan.
Dit is 'n toename ná dit aanvanklik op 44% gestaan het.
Die gemeenskap het 'n plaaslike mark gestig, en ondervoeding onder kinders het teen Junie 2008 gedaal vanaf 42% na 14%, en het op net 10% teen November 2008 gestaan.
Skoolverlatery het van amper 40% in November 2007 tot 5% in Junie 2008 gedaal, en teen November 2008 was bykans elke Otjivero-kind op skool.
Inwoners het die kliniek gereeld besoek en N$4 per besoek betaal, wat die kliniek se inkomste van N$250 per maand na N$1 300 laat styg het.
Huishoudelike skuld het tussen 2007 en 2008 van 'n gemiddelde N$1 215 tot N$772 gedaal.
Misdaad op die dorp het met 42% verminder.
“Die BIG is 'n vorm van maatskaplike beskerming wat armoede verminder en ekonomiese groei onder armes bevorder,” stel die ontleding verder.
Die koste van 'n nasionale BIG word ook bespreek.
“(Dit) is aansienlik. Die netto koste sal tussen N$1,2 en N$1,6 miljard per jaar beloop, gelykstaande aan 2,2% tot 3% van Namibië se BBP, of 5% tot 6% van die nasionale begroting,” meen die navorsers.
“Op grond van die ontwikkelings in Otjivero is dit veilig om aan te voer 'n nasionale BIG sal armoede en werkloosheid verminder, ekonomiese aktiwiteite en produktiwiteit verhoog, en onderwysuitkomste, asook Namibiërs se gesondheidstatus verbeter.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie