Boek oor reptiele 'n moet vir natuurliefhebbers
Tanja Bause
'n Engelse weergawe van 'n boek oor Namibiese reptiele is nou beskikbaar.
Die boek wat al in 2015 in Duits op die rakke was, is deur die Wetenskaplike Vereniging van Namibië (NWG) uitgegee.
Die skrywer van Reptiles of Namibia, Alfred Schleicher, het ses jaar lank aan die boek geskryf en nog sowat vier jaar gebruik om al die nodige foto's te neem.
“Ek het besluit om eerste 'n Duitse boek uit te gee, met foto-onderskrifte in Engels en Afrikaans, omdat Duitse toeriste gekla het daar is baie min of geen boeke in Duits in Namibië beskikbaar nie,” het Schleicher gese.
Reeds in 1963 het die destydse hoof van die reptiel- en amfibieë-afdeling by die NWG, mnr. Helmut Finkeldey, gesê herpetologiese naslaanwerk word dringend vir Namibië benodig.
“Die boek kan waardevolle naslaanwerk vir belangstellende natuurliefhebbers wees en ook agtergrond oor hierdie unieke, maar dikwels misverstane diere gee,” het hy gesê.
Sowat 25 jaar gelede het Schleicher van Duitsland na Namibië gemigreer en die hoof van die herpetologiese afdeling van die NWG geword.
“Toe ek die pos 20 jaar gelede aanvaar het, is ek ook aangeraai om so 'n boek te skryf. Dit was egter nie so maklik nie, aangesien baie van die basiese beginsels eers ontwikkel moes word.”
“Nadat die boek in Duits op die boekrakke was, was die volgende stap natuurlik om dit ook in Engels uit te gee. Dit het uiteraard ook weer tyd geverg, maar nou is die boek Reptiles of Namibia op die rakke.”
In die boek word die wêreld van skilpaaie, akkedisse, slange en krokodille aan elke natuurliefhebber uiteengesit.
Op 271 bladsye met 480 kleurfoto's, met kaarte wat aandui waar die spesifieke dier in Namibië voorkom, en 'n indeks word reptiele se habitat, kos, voortplanting en die bedreigings waaraan hulle blootgestel is, volledig beskryf.
Elke hoofstuk is weer onderverdeel. Die skilpaaie is byvoorbeeld onderverdeel in see-, land- en waterskilpaaie.
Die slange is onderverdeel in giftige en niegiftige slange.
Indien 'n slang giftig is, beskryf Schleicher ook watter spesifieke soort gif dit is – hetsy sitotoksiese, neurotoksies of hemotoksies en wat om te doen wanneer iemand gebyt word.
Elke dier se naam word in Engels, Latyns, Duits en Afrikaans weergegee.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie